Britse ‘monster-dokter’ raak ook Mediclinic
Die hospitaalgroep Spire van Brittanje het voorsiening gemaak vir £27,6 miljoen (sowat R490 miljoen teen die huidige wisselkoers) om skadevergoeding weens ’n skelm chirurg wat in sy hospitale onnodige operasies uitgevoer het.
Die Britse media verwys na die chirurg Ian Paterson as ’n “monster-dokter”.
Mediclinic het Dinsdagoggend in sy handelsoorsig hierna verwys omdat hy ’n belang van 29,9% in Spire Healthcare van Brittanje het.
Dit is die potensiële skikkingskoste in ’n siviele geding oor Paterson voordat enige verhaling van versekeraars in berekening gebring is. Paterson, wat sy private pasiënte in Spire Healthcare se hospitale behandel het, is vanjaar 20 jaar tronk toe gestuur.
The Guardian het berig dat Paterson van 1997 tot 2011 op verskillende tye in twee Spire-hospitale, Little Aston en Parkway, gewerk het. Hy het vals diagnoses gemaak om honderde onnodige en gevaarlike borsoperasies op pasiënte uit te voer.
Paterson het sy pasiënte oortuig om die operasies, waaronder mastektomieë, te ondergaan “om borskanker te voorkom”.
Simon Gordon, Spire se tussentydse uitvoerende hoof, het erken dat gebreke met toesighouding in die onderneming se hospitale Paterson gehelp het om dié praktyke voort te sit. “Hierdie voorvalle moes nooit in ons hospitale gebeur het nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie