Britse kuberman voor die hof
Britse kuberman voor die hof

Britse kuberman voor die hof

Die wêreld kyk deesdae met ander oë na die man wat internetgebruikers 'n paar maande gelede van die Wannabe-virus verlos het.
NAMPA
‘n Britse kuberveiligheidsnavorser wat erkenning gekry het vir sy hulp om ‘n onlangse wêreldwye losprysware-aanval af te weer, sou Maandag in ‘n Amerikaanse federale hof klagte aanhoor.

Hy word daarvan beskuldig dat hy drie jaar gelede kwaadwillige sagteware ontwikkel het om banke se inligting te steel.

Marcus Hutchins en ‘n onbekende medebeskuldigde word aangekla omdat hulle beplan het om rekenaarbedrog in die staat Wisconsin en elders te pleeg.

Die owerhede het die 23-jarige op 2 Augustus op die Internasionale Lughawe McCarran in Las Vegas in hegtenis geneem voordat hy aan boord van ‘n vliegtuig kon gaan om na sy huis in Ilfracombe, Engeland, terug te keer. Hy was in Las Vegas vir ‘n kuberveiligheidskonferensie.

Hutchins is op borgtog van US$30 000 met streng voorwaardes vrygelaat. Hy moet egter ‘n enkelmonitor dra en moet by ‘n halfweghuis bly of onder huisarres wees.

‘n Regter het hom beveel om sy paspoort in te handig en hom belet om enige toerusting te gebruik waarmee hy toegang tot die internet kan kry.

Die situasie waarin Hutchins hom nou bevind, is ‘n drastiese ommekeer van die status as kubermisdaadbekamper wat hy vier maande gelede geniet het. Hy het toe ‘n sogenaamde "kill switch" gevind om die uitbreking van die WannaCry-virus te stop. - Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!