Bring Trevor terug, vra ekonome oor Nene
Bring Trevor terug, vra ekonome oor Nene

Bring Trevor terug, vra ekonome oor Nene

Ekonomiese toestande sal verbeter as Nene gaan, maar wie hom vervang, is belangrik, sê ’n kenner.
Elvira Wood – Die vraag is nie oor óf Nhlanhla Nene, minister van finansies, van sy pligte onthef gaan word nie, maar eerder wie die nuwe minister van finansies gaan wees.

Die oorgrote meerderheid van ekonome wat Maandagoggend aan Netwerk24 se peiling oor die toekoms van Nene as minister van finansies deelgeneem het, meen hy gaan nie langer dié pos vul nie.

Business Day het Maandagoggend berig Nene het die afgelope naweek vir pres. Cyril Ramaphosa gevra om hom van sy pligte te onthef.

Dit volg nadat hy Vrydag voor die Zondo-kommissie van ondersoek oor staatskaping getuig het hy het verskeie kere met die omstrede Gupta-familie vergader.

“Mnr. Nene het geen ander keuse nie; hy moet gaan. Geen beleggingstrategie of werkskeppingsberaad sal enige voordeel bring terwyl Suid-Afrika onder die wolk van Nene is nie,” sê Jannie Rossouw, hoof van die skool vir ekonomiese en sakewetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand.

“Dit bevestig weer: Moenie op prinse vertrou nie.

“Ekonomiese toestande sal verbeter as Nene gaan, maar dis belangrik wie hom vervang,” sê hy.

Rossouw meen daar is drie goeie kandidate wat Ramaphosa kan oorweeg.

“Bring Trevor Manuel terug; bring Mcebisi Jonas terug; stel Lesetja Kganyago aan as minister van finansies. Daar is genoeg kundigheid by die Reserwebank vir ’n volgende president. Daniel Mminele kan vir dié pos oorweeg word,” sê Rossouw.

Richard Downing, ekonoom by Econodow, dink ook Manuel is ’n goeie kandidaat.

Mediumtermynbegrotingsrede

Nene se uittrede sal volgens Rian le Roux, beleggingstrateeg by Old Mutual Beleggingsgroep en Sake se Ekonoom van die Jaar, nie veel van ’n invloed op die ekonomie hê nie, “maar die nuwe aanstelling gaan belangrik wees vir vertroue”.

Le Roux sê die mediumtermynbegrotingsrede (MTBR) wat Nene op 24 Oktober voor die parlement sou lewer, is waarskynlik reeds amper gefinaliseer.

“Die MTBR se dokumentasie is waarskynlik reeds ver mee gevorder en ’n nuwe minister sal nie enige invloed daarop kan hê oor die volgende twee weke of so nie. ’n Nuwe minister kan eers met die begroting van 2019 sy of haar invloed laat geld, sou hy of sy dit wou doen,” sê Le Roux.

Wichard Cilliers, direkteur by TreasuryOne, sê die tydsberekening om die minister van finansies reg voor die MTBR te vervang, is nie ideaal nie.

Die rand

Wat betref die waarde van die rand, meen Le Roux hoewel die grootste invloed op die rand tans eerder eksterne gebeure is, help Nene se erkennings nie die rand nie.

“Sy erkennings wys hoe diep staatskaping gestrek het. Om sulke gewortelde probleme heeltemal om te keer sal moeilik wees en waarskynlik lank duur.”

Dawie Klopper, beleggingsekonoom by PSG Wealth, meen die rand gaan vir eers verswak waarna dit gaan afhang wie Ramaphosa in Nene se plek aanstel.

Lumkile Mondi, senior lektor in ekonomie by die Universiteit van die Witwatersrand, sê hy dink die rand gaan verstewig nadat ’n nuwe minister aangestel is.

Die rand het wel gedurende die loop van die oggend reeds met 20c tot R14,94 teenoor die dollar verswak in reaksie op gerugte dat die minister moontlik gaan bedank.

Nene moet bly

Fanie Brink, onafhanklike landbou-ekonoom, meen Nene moet ongeag die gebeure steeds in sy pos bly.

“Ons sal baie dankbaar kan wees as Nene nie sy pos sou verlaat of hoef te ontruim nie omdat hy nog altyd ’n baie kundige en gerespekteerde minister van finansies was.

“Dit sal baie moeilik wees om die regte persoon te kry wat sy skoene sal kan volstaan.

“Hy het die land baie goed gedien en feitlik van finansiële ondergang gered toe hy sy man teen Zuma gestaan het oor die kernkragplan.

“As hy aanbly, sal dit baie nuwe beleidsonsekerheid verhoed wat andersins tot die verdere afgradering van die land se beleggingstatus aanleiding sou gee.

“Ons moet hom vergewe soos hy versoek het sodat hy met die uitvoering van sy pligte kan voortgaan,” sê hy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012