Bring eers al die skedels terug – Hoffmann

Behoorlike begrafnis nodig

11 July 2018 |
Catherine Sasman



Die stigter van die Nama-volksmoordonderhandelinge en voorsitter van die Nama-volksmoord se tegniese komitee, me. Ida Hoffmann, sê alle menslike oorskot van Namibiese oorsprong wat steeds in Duitsland is, moet teruggestuur word voor onderhandelinge oor vergoeding kan plaasvind.

“Die kwessie wat ons hanteer, is 'n heilige saak. Vir ons is dit 'n gewyde en edele saak en dit moet met waardigheid en respek hanteer word. Ons voorvaders sal nooit namens hulself kan praat nie. Ons is hul stemme en alles wat ons doen, moet met eerlikheid gedoen word,” het Hoffmann verlede week gesê.

Sy verwys na 'n onlangse verklaring wat glo deur die Duitse spesiale gesant vir die volksmoordonderhandelinge, mnr. Ruprecht Polenz, gemaak is wat lui dat die volgende besending van 22 Namibiese skedels uit Duitsland aan die einde van Augustus na Namibië gestuur sal word.

Sy het bygevoeg daar is nog heelwat meer skedels in Duitsland wat terug­gestuur moet word.

Die eerste besending van 20 skedels is in Oktober 2011 teruggestuur en in Maart 2012 nóg 35 skedels.

Sy het gesê daar is steeds 14 skedels by die Universiteit van Freiburg, wat reeds in 2011 gereed was om terug­gestuur te word.

Nóg drie skedels is by die Universiteit van Freifswald geïdentifiseer en nóg by die Focke-museum in Bremen.

Hoffmann het gesê daar is ook skedels in Hamburg, Frankfurt en Amerika.

“Hoekom word Namibiese oorskot bietjie vir bietjie teruggebring?” vra Hoffmann.

Sy het herhaal dat alle menslike oorskot terugbesorg moet word voordat werklike besprekings oor vergoeding

kan plaasvind.

“Gewoonlik praat jy nooit oor erfstukke terwyl die liggaam steeds in die lykshuis is nie. Ons voorouers se liggame is steeds in universiteite en museums se lykshuise. Dit is oneerbiedig teenoor ons voorvaders, wat 'n behoorlike begrafnis nodig het,” het sy gesê.

Sy het gesê wat ook al die vergoeding behels wat die Duitse regering instem om te betaal, sal die Ovaherero en Nama se erfenis wees.

Hoffmann betreur die feit dat daar nog nooit enige formele begrafnis vir die voorvaders se menslike oorskot gehou is nie, behalwe vir die 24 sakke beendere wat deur die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) by padwerke in die Suide gevind is.

Dit is in 11 doodskiste deur Hoffmann en wyle hoofman Dawid Fredericks sonder die regering of ander tradisionele owerhede se hulp begrawe.

Sy het gesê 'n aantal beendere is ook by Charlottenbaai naby Lüderitz gevind wat nog nie gaan haal is of met die nodige respek hanteer is nie.

“Watter speletjie speel die ­Namibiese regering? Waarom is die menslike oorskot, tesame met die dokumente en Witbooi se Bybel wat in die Linden-museum in Stuttgart is, nog nie teruggestuur nie? Stel die regering kwessies uit?” het Hoffmann gevra.

Soortgelyk

 

Kraam buite kliniek - verpleegsters geskors

9 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Twee verpleegsters wat ‘n hoogswanger vrou by die Okuryangava-kliniek glo weggewys het, is in opdrag van die minister van gesondheid en maatskaplike...

Lewenslank vir Suide-verkragters

9 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh en Ronelle Rademeyer - Twee mans wat vroue op Mariental en Tses verkrag en vermoor het, is gister in twee afsonderlike sake vonnisse...

Schlettwein sê oor TIPEEG, FOCAC

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – In die eerste plek is Namibië se ekonomie besig om aan te pas by ’n nuwe pad van groei nadat dit een...

Weer vir 19 September

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal baie tot bloedig warm in die Noorde wees.KUS:...

TransNamib op soek na nuwe direksie

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman Die ministerie van werke en vervoer het in 'n openbare kennisgewing aangekondig dat nuwe direksielede vir TransNamib gesoek word. Die huidige direksie se...

Esau: Visvangkwotas kan nie verkoop word

9 ure gelede | Ministeries

Leandrea Louw Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gewaarsku visvangkwotas kan nie verkoop word “om vinnig geld te maak nie”....

Help soek na vermistes

9 ure gelede | Misdaad

Tanja BauseDie Namibiese polisie vra die publiek se hulp in die opsporing van twee vermiste mense. Die 14-jarige Niita Fillemon word sedert 19:00 verlede Woensdag...

Grond: Wit boere wíl praat

9 ure gelede | Ministeries

Elvira HattinghDie president van die Namibië Landbou-unie (NLU), mnr. Ryno van der Merwe, sê dit is onwaar dat wit kommersiële boere nie in gesprek tree...

Vrou haal die byt uit veghond

9 ure gelede | Omgewing

Die naam Amerikaanse veghond (pit bull terrier) het al ‘n vloekwoord geword en boesem vrees by die meeste mense in. Geen ander honderas het in...