• Tuisblad
  • Sake
  • Brics-bank skiet miljarde voor vir projekte in SA
Brics-bank skiet miljarde voor vir projekte in SA
Brics-bank skiet miljarde voor vir projekte in SA

Brics-bank skiet miljarde voor vir projekte in SA

Nellie Brand-Jonker – Drie van die vyf nuwe projekte wat die Brics-bank goedgekeur het, is in Suid-Afrika, sê die ministerie van finansies in ’n verklaring ná afloop van die bank se jaarlikse byeenkoms wat vanjaar in Kaapstad gehou is.

Die vyf projekte bring die totale ondersteuning wat dié bank, bekend as die Nuwe Ontwikkelingsbank (NDB), reeds aan projekte in sy vyf lidlande gegee het op $9,2 miljard te staan.

Hierdie drie projekte is bo en behalwe die leningsooreenkomste wat op 1 April tussen die NDB, Eskom en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika onderteken is.

Sodra die NDB ’n projek vir finansiering goedgekeur het, begin die bank se bestuur en die betrokke onderneming met onderhandelinge wat uiteindelik tot ’n leningsooreenkoms lei, sê die tesourie.

Die drie projekte wat vir finansiering goedgekeur is, is vir Eskom, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) en die Trans-Caledon-tonnelowerheid (TCTA).

Saamgevat lyk dit so:

1. ’n Lening vir die NOK van R1,15 miljard vir ’n hernubare-energie-ontwikkelingsprojek wat altesaam R11,8 miljard sal kos. Die NOK sal die geld uitleen aan geïdentifiseerde subprojekte.

2. ’n Lening van R3,2 miljard aan die TCTA vir die tweede fase van die Lesotho Hoogland-waterprojek. Dit sluit in die konstruksie van ’n dam en ’n tonnel. Die totale projekkoste is R24,3 miljard.

3. ’n Lening aan Eskom van $480 miljoen vir die omgewingsbeskermingsprojek van die Medupi-kragstasie. Die totale projekkoste is $2,7 miljard.

Die leningsooreenkomste wat Maandag op die byeenkoms onderteken is, is vir:

1. ’n Lening aan die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika van $300 miljoen vir die vermindering van kweekhuisgasvrystelling en ontwikkeling in die energiesektor. Die totale projekkoste is $600 miljoen. Die projek word oor 15 jaar van 2018 tot 2033 in werking gestel en die geld sal uitgeleen word aan geïdentifiseerde sub-projekte. Die lening is in 2017 goedgekeur.

2. Die projekfinansieringsgerief vir Eskom: Die totale projekkoste beloop sowat R3,6 miljard ($225 miljoen) en die lening beloop sowat R2,8 miljard ($180 miljoen). Die lening is reeds op 13 April 2016 goedgekeur. Die finansieringsgerief is bedoel vir hernubare-energieprojekte en om Eskom se kragnetwerk na Soweto te verbeter of op te knap, toon die projekinligting op die NDB se webwerf. Die projek is veronderstel om in sub-projekte opgedeel te word. Dit sluit in die integrasie van sewe hernubare-energieprojekte van onafhanklike kragverskaffers, die integrasie van ’n versnelde onafhanklike kragverskaffingsprojek vir Upington, die konstruksie van die transmissielyne en ’n substasie in Soweto en die konstruksie van transmissielyne vir Ankerlig-Sterrekus. In die projekinligting word gesê Eskom kan toekomstige sub-projekte voorstel aan die NDB vir ’n totale termynlening van $180 miljoen. Vandeesweek is ’n ooreenkoms vir $180 miljoen onderteken.

Op die NDB se webwerf word verwys na nog ’n projek wat al voorheen vir Suid-Afrika goedgekeur is, naamlik die opknapping van die Durbanse vraghouerkaai. Die lening is aan Transnet. Die totale projekkoste beloop sowat R8,4 miljard ($643 miljoen) en die NDB gaan $200 miljoen aan Transnet geleen. Die direksie van die bank het dit op 28 Mei 2018 goedgekeur.

Een van die groot besluite op die byeenkoms in Kaapstad was ’n besluit in beginsel om die lidmaatskap van die NDB uit te brei. Onderhandelinge daaroor het begin en ’n aankondiging word teen die einde van die jaar verwag. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 852.10/T UP 1.62% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 909.04/OZ UP +0.76% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 329.01/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 852.10/T UP 1.62% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 909.04/OZ UP +0.76%