Breyten Breytenbach op besoek aan Namibië
Die veelbekroonde en enigmatiese Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar, Breyten Breytenbach, is tans saam met sy Viëtnamees-Franse vrou, Yolande, op besoek aan Namibië.
Hy sê hoewel sy die land al voorheen besoek het, is hierdie kuier vir hom 'n eerste.
Breytenbach lewer vanaand (Dinsdag) 'n praatjie by die Sokratiese Vereniging in Windhoek met die onderwerp "Moderniteite en ons innerlike Afrika's".
Hy het vroeër vandag gesê hy is opgewonde daaroor dat die besoek nie net 'n vinnige heen-en-weertjie is nie, maar dat hy en Yolande die kans het om 'n paar dae in Namibië deur te bring en hier te reis.
In Vrydag se uitgawe van Republikein gesels hy in 'n openhartige onderhoud oor sy grootwordjare in die Boland, se stryd teen die magsvergrype van apartheid, sy liefde vir Afrika en sy werk as digter, skrywer, dramaturg en skilder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie