Brexit maak nuwe deure oop, su00ea gesant
Brexit maak nuwe deure oop, su00ea gesant

Brexit maak nuwe deure oop, sê gesant

Die Verenigde Koninkryk wil handelsbande met Namibië versterk.
Denver Kisting
Denver Kisting – Handelsbetrekkinge tussen die Verenigde Koninkryk (VK) en Namibië was die afgelope week op die voorgrond tydens ’n welwillendsbesoek aan Staatshuis.

Mnr. Andrew Stephenson, die Britse minister van internasionale ontwikkeling en die buitelandse kantoor van die Statebond, het tydens dié besoek aan pres. Hage Geingob gesê Brexit sal vir die eerste keer in dekades die VK die geleentheid bied om hul eie handelsbeleidsrigtings te bepaal.

“Brexit is ’n geleentheid vir ons om ons gevestigde betrekkinge te versterk. Ons hoop om binnekort ’n nuwe handelsprogram aan te kondig.”

Hy sê hul premier, mnr. Boris Johnson, het die versekering gegee “daar moet geen onderbreking wees in handel soos ons die EU verlaat nie”.

Volgens hom hoop hy samewerking tussen die twee lande stel VK-maatskappye in staat om in Namibië sake “vir gedeelde welvaart” te doen.

Geingob het gesê baie lande hou asem op om die weg vorentoe te sien ná die VK die Europese Unie (EU) verlaat het.

Die president het gesê samewerking moet op plaaslike waardetoevoeging geskoei wees.

“In die toekoms sal ons kyk na vennootskappe waar ons waarde tot ons grondstowwe kan toevoeg.”

Luidens data van die Britse kommissariaat in Windhoek het Namibiese uitvoere na die VK in 2018 VS$469,52 miljoen beloop, terwyl invoere van die VK daardie jaar VS$198,68 miljoen was. Teen die destydse wisselkoers is dit onderskeidelik N$6,174 miljard en N$2,65 miljard.

Die uitvoersyfers sluit egter heruitvoere in, wat toe meer as N$5 miljard beloop het.

Dít kom op ’n handelsbalanstekort neer.

Volgens dié inligting het Namibië in daardie jaar hoofsaaklik grondstowwe, diamante, beesvleis, vis, houtskool en landbouprodukte na die VK uitgevoer.

Geingob sê een van Namibië se vernaamste uitdagings is werkloosheid in die algemeen – veral wat die jeug betref. “Dis die krisis wat ons in die gesig staar.”

Hy het gesê hy is bly Johnson weet van Namibië se bestaan.

“Dit is baie goed dat die premier weet daar is (’n) Namibië iewers,” het hy Woensdag by Staatshuis gesê.

Stephenson sê die VK vind Namibië aantreklik weens onder meer die plaaslike vlak van mediavryheid wat syns insiens dié van sy land oortref.

Namibië se bevrydingstryd het deels gehandel oor mediavryheid en die vryheid van uitdrukking, het Geingob gesê.

“Ons was kampvegters vir ’n vrye pers.”

Tog is dit belangrik dat die plaaslike media moet groei en te alle tye professioneel moet optree, het Geingob gemaan.

Onderskeid moet getref word tussen byvoorbeeld ’n nuusberig en redaksionele kommentaar, sê Geingob.

Volgens hom is daar deesdae selde ’n verskil.

Solank hy aan bewind is, sal die media vry bly, sê Geingob.

Op die onderwysfront het die president gesê Namibië het baie werklose gegradueerdes, daarom die fokusverskuiwing na tegniese vaardighede.

“Mense moet opgelei word om hul hande te gebruik.”

Hoewel geslagsbalans moeilik is, sal vroueregte aanhou voorkeur geniet, het Geingob gesê.

“Vroue is magtige mense.”

Stephenson het gesê hul nuwe handelsprogram sal opnuut klem op die bemagtiging van vroue sowel as ekonomiese aangeleenthede plaas.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%