Brexit-kommer plaas druk op rand
Brexit-kommer plaas druk op rand

Brexit-kommer plaas druk op rand

Elvira Wood – Ná ’n week waarin die rand relatief wisselvallig teenoor die dollar verhandel het, het hy die nuwe week effens meer stabiel begin.

Die geldeenheid het vroeg Maandagoggend teen R14,52 teenoor die dollar verhandel.

Dit is steeds beduidende swakker as die R13,98 waarteen hy gedurende die laaste week van September verhandel het, maar ook heelwat sterker as die R15,03 van Dinsdag 9 Oktober.

Dié week gaan die rand definitief ’n ogie hou op gebeure in Brittanje.

Bloomberg berig intensiewe onderhandelinge die afgelope naweek kon steeds nie ’n finale Brexit-ooreenkoms lewer nie.

Dit het die pond laat verswak en die dollar laat verstewig.

Daar is al hoe meer druk dat ’n ooreenkoms gesluit word aangesien Brittanje die Europese Unie op 29 Maart 2019 om 23:00 gaan verlaat.

Daar is gehoop dat daar moontlik dié week ’n finale besluit geneem sou word, maar dit het nie gebeur nie.

Goeie nuus vir die rand die afgelope naweek was Moody’s Investor Service se besluit Vrydagaand om geen besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering bekend te maak nie.

Moody’s is tans die enigste kredietgraderingsagentskap wat steeds Suid-Afrika se skuld op beleggingsvlak handhaaf. Fitch Ratings en Standard & Poor’s het dit lank reeds tot onder dié vlak – oftewel rommelstatus – afgegradeer.

Die rand het Maandagoggend teen R19,03 teenoor die Britse pond en R16,77 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake so:

· Goud: US$1 221 per fynons

· Platinum: US$840 per fynons

· Olie: US$81,40 per vat

Digitale geld

· Bitcoin: US$6 254,30

· Ethereum: US$195,72 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!