Brexit: Koebaai EU, hallo Afrika
Brexit: Koebaai EU, hallo Afrika

Brexit: Koebaai EU, hallo Afrika

Brexit sal nie die einde van handel tussen Brittanje en Namibië beteken nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Wanneer Brittanje die Europese Unie (EU) verlaat (Brexit), tree ’n nuwe handelsooreenkoms met lande in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) en Mosambiek in werking.

Die nuwe ooreenkoms sal verseker handel tussen Brittanje en dié lande kan voortgaan wanneer eersgenoemde hom nie meer op die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) kan beroep nie.

Dié aankondiging is laat Maandag deur die Britse minister van internasionale handel, mnr. George Hollingbery, gemaak in ’n verklaring wat deur dié land se hoë kommissaris in Namibië, me. Kate Airey, uitgereik is.

Britse verbruikers sal dus steeds kan weglê aan kasjoeneute uit Mosambiek, appels uit Suid-Afrika en beesvleis uit Namibië, sê Hollingbery.

Die handel in goedere en dienste tussen Namibië en Brittanje beloop reeds jaarliks sowat £70 miljoen, of nagenoeg N$1,4 miljard.

Brittanje is byvoorbeeld een van die markte waarheen Meatco topklas- beesvleissnitte uitvoer en ’n leweringsooreenkoms is pas met Greene King, een van die grootste groepe in die Britse pub- en restaurantbedryf, gesluit.

Hollingbery het die Britse premier, me. Theresa May, verlede week op haar besoek aan Suid-Afrika, Nigerië en Kenia vergesel.

Hy het in Botswana met me. Bogolo Kenewendo, dié land se minister van beleggings, handel en nywerheid, as verteenwoordiger van Sacu (Namibië, Suid-Afrika, Botswana, Lesotho en Swaziland) en Mosambiek vergader.

Hulle het ’n gesamentlike onderneming onderteken vir die finalisering van die oorskakelingsooreenkoms, wat in werking sal tree die oomblik as die EPA nie meer op Brittanje betrekking het nie.

“Ons het saamgestem dit is belangrik dat wanneer die Verenigde Koninkryk die EU verlaat, ons die sterk grondslag van ons ekonomiese betrekkinge behou en daarop voortbou ter wille van wedersydse voorspoed,” sê Hollingbery in sy verklaring.

Volgens hom is die vennootskap tussen Brittanje en Afrika presies wat dit sê dit is: ’n vennootskap. “Ons bou op die noue samewerking wat gegrond is op gedeelde voorspoed en sekuriteit.

“Ons wil sterk ekonomieë in Afrika sien waarmee Britse maatskappye vrylik en regverdiglik kan handel dryf.”

Hollingbery het daarop gewys dat sy regering langtermynbeleggings deur Britse maatskappye in Afrika wil sien, wat sal help om werkgeleenthede te skep, plaaslike ekonomieë te bevorder en kapasiteit vir die toekoms te bou.

Terselfdertyd wil Brittanje toesien dat Afrika se jongmense gereed is om hierdie nuwe geleenthede tot hul voordeel te benut, sê hy.

Volgens hom is dit ook waarom sy regering buiten die onderhandelinge vir die nuwe handelsooreenkoms, £5,5 miljard (sowat N$106 miljard) se finansieringshulp aan agt markte in Afrika beskikbaar gaan stel om handel te steun.

As deel hiervan sal geld in ’n voorspoedfonds van £8 miljoen (sowat N$155 miljoen) aangewend word om die handelstruikelblokke uit die weg te ruim ten einde handel binne Suider-Afrika, maar ook met Brittanje, te bevorder,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!