Breek die kettings van geestesongesteldhede
Breek die kettings van geestesongesteldhede

Breek die kettings van geestesongesteldhede

Een uit vier mense ervaar jaarliks geestesongesteldheid, wat angs en depressie insluit.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Daar kleef steeds 'n stigma aan geestessiektes.

Dit word dikwels nie behoorlik gediagnoseer nie en selfs in relatief ontwikkelde lande kry mense met geestessiektes nie altyd die toepaslike behandeling nie.

Volgens me. Juliet Kavetuna, adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, word geestesongesteldhede steeds met vreemde, onvoorspelbare en gevaarlike gedrag verbind.

Volgens Kavetuna ervaar een uit vier mense jaarliks 'n ­geestessiekte, wat angs en depressie insluit.

“Ek dink die grootste uitdaging in die verbetering van geestesgesondheid is om wanopvattings uit die weg te ruim,” het Kavetuna tydens die amptelike opening van die Bel Esprit-geestesgesondheidhospitaal in Windhoek gesê.

“Te veel geestessiektes word nie erken nie, omdat dit nie as 'n siekte gesien word nie. Ons moet die punt bereik waar die algemene publiek die aard van dié siektes verstaan. Hoe meer ons dit doen, hoe beter is die diagnose, behandeling, asook mense se houding oor die siektes,” het sy gesê.



VERANDERING TE WEEG BRING

Kavetuna het voorts 'n beroep op mense gedoen om meer oor geestessiektes te wete te kom om ­sodoende 'n beter vriend, buurman en kollega te kan wees vir dié wat moeilike ­omstandighede beleef en ondersteuning nodig het.

“Dit is hoe ons verandering te weeg gaan bring – een mens en een dag op 'n slag. Daar is geen gesondheid sonder geestesgesondheid nie.”

Dr. Hilen Ndjaba, kliniese direkteur van die Bel Esprit-geestes­gesondheidhospitaal, het gesê nege uit tien mense met geestessiektes sê stigma en diskriminasie het 'n ­negatiewe uitwerking op hul lewens gehad.

“Hoekom is daar 'n verskil tussen 'n geestessiekte en 'n fisieke siekte? Waarom kleef geen stigma aan fisieke siektes nie?” het Ndjaba gevra.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!