• Tuisblad
  • Sport
  • Brazilians, Gunners, Pirates en Tigers haal topliga
Brazilians, Gunners, Pirates en Tigers haal topliga
Brazilians, Gunners, Pirates en Tigers haal topliga

Brazilians, Gunners, Pirates en Tigers haal topliga

Daar was geen tekort aan drama tydens Sondag se laat NPLF-wedstryde nie.
NAMPA
Orlando Pirates het die eerste fase van die Namibië Premiersokkerliga (NPFL) se oorgangsliga onoorwonne afgesluit.

Hulle het Sondag by die Sam Nujoma-stadion op ’n dramatiese en omstrede wyse vir Blue Waters met 5-3 oorweldig.

In dié botsing het Hendrik Somaeb met twee omstrede strafskoppe misluk wat deur die skeidsregter, mnr. Wilhelm Haitembu, toegeken is. Die blaser se twyfelagtige beslissings het ’n prominente invloed op die spel gehad.

Isaskar Gurirab van Pirates het ’n driekuns behaal, voordat hy vir ’n tweede geel kaart van die veld gestuur is.

Somaeb het die eerste strafskop gemis nadat Haitembu beslis het Somaeb het in sy aanloop na skop vasgesteek. Blue Waters was toe reeds met 2-0 in die eerste helfte agter.

Gurirab het die voorsprong tot 3-0 vergroot toe hy ’n vryskop suksesvol bêre. Dit het gekom nadat doelwagter Calvin Spiegel nie kon keer dat ’n lang skop van sy eweknie Jona Mateus oor die doellyn seil nie.

Aprocius Petrus slaag met ’n doel vir Blue Waters (3-1). Somaeb begin met ’n briljante lopie op sy eie om verby vier Pirates-verdedigers deur te breek en laat die doelnet bolstaan met sy treffer om rustyd met 3-2 te gaan koeldrankies drink.

In die tweede helfte van Blue Waters knaend aan en vind so byna ’n gelykmaker toe Haitembu opnuut ’n strafskop aan hulle toeken. Maar ongelukkig vir die Walvisbaaiers misluk Somaeb met sy poging.

Gurirab tref met sy tweede doel (4-2), voordat hy sy driekuns vanuit ’n onkant posisie voltooi om die telling tot 5-3 te rek. Venovineya Tjikundi en Alfeus Handura het Pirates se ander twee doele aangeteken.

Paulus Shipanga, hoofafrigter van Blue Waters, was glad nie gelukkig met die verwikkelinge op die veld nie en is met ’n rooi kaart afgejaag nadat hy die speelveld betree het om Haitembu te konfronteer oor die doel wat van ’n onkantposisie aangeteken is.

Drama bars los toe Aprocious Petrus (Blue Waters) in ’n woordewisseling met Handura betrokke raak nadat dié hom wederregtelik grond toe gebring het. Petrus word van die veld gestuur en Haitembu ken tot groot vermaak van die omstanders ’n vryskop aan Pirates toe.

Die spanne wat Sondag ná die eerste ronde in Windhoek en Walvisbaai vir die 2021 NFPL-oorgangsliga vir die goue afdeling gekwalifiseer het, is Mighty Gunners, Orlando Pirates, Tigers en Young Brazilians.

Blue Waters, Civics, Tura Magic en Black Afrika sal in die silwerliga speel, terwyl Julinho Sporting, Citizens, Young African en Eleven Arrows mekaar in die bronsliga uitdaag.

SONDAG SE UITSLAE

Civics 0-1 Young Brazilians

Tura Magic 5-1 Eleven Arrows

Julinho Sporting 1-1 Citizens

Mighty Gunners 2-0 Young African

Black Africa 1-2 Tigers

Orlando Pirates 5-3 Blue Waters

– Nampa


FOTO
Drama en omstrede beslissings was Sondag volop tussen Blue Waters (in blou) en Orlando Pirates in die Sam Nujoma-stadion in Windhoek. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!