Brandweer dop toets
DIE brandweer in die Oshana-streek is gisteroggend geweeg en te lig bevind toe die Ongwediva Mini Market, 30 meter vanaf hul hoofkwartier, omstreeks 07:00 aan die brand geraak en heeltemal vernietig is.
Die vuur het omstreeks 09:00 tot by die eienares van die gebou se woonstel versprei sonder dat die brandweer iets noemenswaardig daaromtrent kon doen. Die insident het uitgewys hoe onvoorbereid die plaaslike brandweer werklik is. Brandweerwaens het gekom, water gespuit en weer weggery, net om na sowat 30 minute terug te keer om die “roetine”, sonder ’n duidelike plan, te herhaal.
“Moderne brandweertoerusting is van geen nut indien brandweermanne geen benul het oor wat hulle veronderstel is om te doen nie. Dit is duidelik dat hierdie mense dringend opleiding benodig,” het ’n verstomde inwoner van Ongwediva aan Republikein gese.
Landdros Thomas Kanime, ook van Ongwediva, stem saam: “Jy moet gaan skryf dat hierdie brandweermanne dringende opleiding benodig. Dit wat hulle hier doen is nie wat ons van hulle verwag nie.” Beamptes en werknemers kon gister nie verklaar hoe die brand ontstaan het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie