Brandstofsmokkelary uit Angola onwettig
Brandstofsmokkelary uit Angola onwettig

Brandstofsmokkelary uit Angola onwettig

Die ministerie het onlangs ‘n inligtingsveldtog van stapel gestuur om mense te waarsku om nie petroleumprodukte te smokkel nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Nie net is die smokkel van brandstof uit Angola na Namibië onwettig en bestaan daar kommer oor die gehalte daarvan nie, maar hou dit ‘n ernstige bedreiging in vir wettige brandstofverkopers – tot so ‘n mate dat verkopers op Oshikango glo reeds hul deure moes sluit.

Die ministerie van myne en energie het van 3 tot 6 Desember ‘n inligtingsveldtog in die noordelike streke van die land van stapel gestuur om bewustheid te skep oor die onwettige invoer en verkoop van brandstof uit Angola.

Die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, het as deel hiervan toesprake op Oshakati en in die Omusatistreek gehou en gesê dis onwettig vir ongelisensieerde individue om petroleumprodukte te smokkel en dit is ‘n verdere oortreding om dit oor die grens te neem sonder om dit by doeanebeamptes aan te meld.

Sy het bygevoeg sulke individue ontduik dus ook belasting, asook regeringsagentskappe se brandstofheffings.

“Die smokkelary strek ook tot nadeel van wettige brandstofhandelaars, wat nou in terme van volumes met die onwettige invoere moet meeding.

“Boonop het ondersoeke getoon hierdie gesmokkelde brandstof word in gevaarlike houers geberg, wat ‘n gevaar vir die omgewing inhou en op so ’n manier verkoop word dat dit ‘n gesondheidsrisiko vir mense is.”

GEHALTE

Shilunga sê daar is probleme met die gehalte van ingesmokkelde brandstof.

“Ten spyte daarvan dat ons motors wel kortstondig op brandstof uit Angola kan ry, is die swael-inhoud daarvan só hoog dat dit onversoenbaar is met plaaslike brandstofspesifikasies en -standaarde.

“Nie net is dit skadelik vir voertuigenjins om brandstof te verbrand wat ‘n hoër graad van swael bevat nie, maar hierdie voertuie se uitlaatgasse is ook ontoelaatbaar hoog,” het Shilunga gesê.

Volgens haar wek die gebruik hiervan kommer oor omgewingskwessies, veral in die lig daarvan dat Namibië 'n ondertekenaar van internasionale konvensies teen besoedeling en koolstofvrystelling is.

“Boonop het die SADC-streek ‘n doelwit gestel dat alle lande teen 2030 na lae swael en ‘skoner’ brandstof moet oorskakel,” het sy gesê.

Sy het gesê in hierdie verband het Namibië reeds stappe gedoen en 93 Petrol uitgefaseer, terwyl 50 ppm diesel plaaslik bekend gestel is.

“Teen die einde van die jaar sal ons 500 ppm diesel uitfaseer en geleidelik 10 ppm diesel plaaslik bekend stel. Ons werk hard om seker te maak ons beweeg saam met die wêreld in terme van skoner brandstof.”

IDENTIFISEER ONWETTIGE BRANDSTOF SÓ

Shilunga sê daar word dikwels gevra wat met Angolese brandstof fout is en hoe ‘n gewone burger sal kan bepaal of die brandstof wat hulle koop wettig is of nie?

“Die ministerie het voorheen al op dié vrae in die media gereageer.

“Daar is niks fout met Angolese brandstof nie, solank dit binne die grense van Angola gebruik word. Elke land het sy eie wette en regulasies en Angolese brandstof voldoen nie aan ons standaarde nie. Daarom kan dit nie in sy huidige vorm op enige plek in Namibië verkoop of geberg word nie.”

Sy sê mense sal kan agterkom of brandstofverkope onwettig is deur die manier waarop dit van die hand gesit word.

“Dit word nie by volwaardige diensstasies verkoop nie en ook nie in byvoorbeeld petrolpompe gehou nie. Dit word agter toe deure verkoop op plekke waar dit in kannetjies of ander onveilige houers geberg word.”

Shilunga het gesê die bedrywighede benadeel wettige besighede, wat plaaslike inwoners van werksgeleenthede voorsien.

“As die probleem nie getakel word nie, het dit die potensiaal om die eienaars van diensstasies se besighede te vernietig. So iets kan verdere verwoesting in die reeds sukkelende ekonomie saai,” het sy gesê.

Die adjunkminister het bygevoeg die media het berig sommige diensstasies in Oshikango ly reeds ernstige verliese en van hulle moes reeds sluit.

Hiervolgens kan brandstofsmokkelaars glo by Engela, Ongenga, Eenhana, Outapi en selfs by Oshakati aangetref word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067