Brandstofpryse verlaag
Ondanks verhoogde belasting op brandstof en ‘n groter bydrae vir die bevordering van verkeersveiligheid, sal brandstofpryse in Namibië weens oorverhaling op Woensdag 7 September steeds met ‘n skaflike klompie sent verlaag.
Die padveiligheidsheffing is van 1,3 sent per liter tot 2,6 sent verdubbel om die sekretariaat wat ongelukke moet help verminder se hand te sterk.
Hoewel verhoogde belastings op brandstofprodukte reeds vanaf 1 Augustus deur die ministerie van finansies goedgekeur is, sal dit eers in die komende maand van krag word. Hierdie heffings verhoog van 12 c/l tot 25 c/l op petrol en van 10 c/l tot 25 c/l op diesel.
Weens flukse ruolieproduksie en die sterker rand is aansienlike oorverhaling aangeteken. Op 25 Augustus was brandstof in Walvisbaai met die volgende bedrae per liter goedkoper as die huidige prys: N$1, 15 vir 95 oktaan en onderskeidelik 90 c en 91 c vir die twee variante van diesel in die mark.
Die ministerie van myne en energie het laat vandag aangekondig die petrolprys sal met 46 c/l verlaag en dieselpryse met 34 c/l.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie