Brandstofpryse daal
Namibiërs kry 'n vroeë Kersgeskenk van die minister van myne en energie. Ná maande van stygende brandstofpryse gaan Desember uiteindelik vir padgebruikers verligting bring.
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het Vrydag aangekondig die pryse van petrol en beide grade diesel gaan op 5 Desember met onderskeidelik N$1 en 40c per liter verlaag.
Op Walvisbaai sal petrol dan weer N$12,95 per liter kos, en dié van 500 ppm en 50 ppm diesel sal onderskeidelik N$14,08 en N$14,13 per liter kos.
“Die ministerie is verheug oor die jongste verwikkelinge in die internasionale oliemark, veral tydens die feestyd wanneer baie Namibiërs lang afstande na hul verskeie vakansiebestemmings gaan aflê, terwyl ander met hul kommunale boederyaktiwiteite gaan begin," lui die ministerie se verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie