Brandslagoffers verruil tente vir huise

Die sogenaamde Otweya-tentedorp wat vanaf die B2-pad gesien kan word, sal binnekort nie meer bestaan nie.
Yandi Du Plessis
Leandrea Louw op Walvisbaai



Dit was 'n vreugdevolle dag in die Otweya-nedersetting toe 50 inwoners Maandag in hul nuwe huise ingetrek het.

Die Otweya-tentedorp is opgerig nadat die destydse Twaloloka- informele nedersetting in puin gelê is deur 'n brand wat 153 huise vernietig en die lewe van 'n eenjarige seun geëis het.

Vyftig inwoners het Maandag met die hulp van vrywilligers en die Walvisbaaise brandweer verhuis. Hierdie groep is Dinsdag opgevolg deur die oorblywende inwoners wat in hul huise ingetrek het.

Een van die inwoners, me. Asnath Kangandi, kon haar vreugde nie beteuel nie. “Ek is so gelukkig. Dankie, dankie, dankie. Uiteindelik trek ons! Vanaand slaap ons in ons huis.”

Me. Ebenardine (Ousie Babsie) Gawes het die regering geloof. “Ons is so bly. Dankie aan ons regering, dankie, dankie.”

Mnr. Ephraim Kathindi, 'n brandweerbeampte, het gesê 'n vergadering is verlede week met die inwonerskomitee belê om die lys van begunstigdes te finaliseer.

“Die munisipaliteit het hulpbronne soos vragmotors gemobiliseer om met die verhuising te help.

“Elke huishouding moet hul besittings pak, waarna dit na die nuwe huis aangery word en die eienaar sy of haar sleutel sowel as die kontrak ontvang.

“Vrywilligers op die terrein slaan tente af, wat skoongemaak, ontsmet en weggepak sal word vir wanneer dit weer benodig word. Ons beoog om hierdie gebied teen Woensdag heeltemal ontruim te hê.”

Die verkryging van die grond waarop die huise gebou is, is steeds 'n struikelblok en het aanvanklik die eienaars verhinder om te trek. Die grond behoort aan die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) en 'n tegniese komitee is in onderhandelinge met dié entiteit gewikkel om die grond te bekom.

Die vraag is of die NHE die grond gaan skenk of verkoop. Laasgenoemde opsie sal tot gevolg hê dat die prys van die huise opgestoot word.



HAAKPLEKKE

Ongelukkig wou sommige individue die vreugdevolle atmosfeer by Otweya demp met bewerings dat daar met die lys van begunstigdes gepeuter is.

Mnr. Florian Donatus Tegako, die landelike kiesafdelingsraadslid, het sy humeur verloor en wou die trekproses eers halt.

“Ek is moeg daarvoor om beskuldigings van oraloor te hoor. Mense word net van die strate af gekies en op die lys geplaas. Ons kan nie 'n nasionale projek hê waar 'n gewone komitee selfs die raadslid wil oorheers nie. Wie sal aanspreeklik wees vir hierdie gemors? Ek sal dit nie duld nie!”

Tegako meen die Otweya-inwoners­komitee probeer die lys saam met 'n paar ander amptenare verander.

“Ons het verlede week 'n vergadering gehad om hierdie kwessies uit te stryk. Die lys wat verlede week goedgekeur is, is nie dieselfde lys as vandag nie. Wanneer gaan ons dinge glad laat verloop sonder enige korrupsie? Ons het mense wat hul besittings verloor het, maar wat vervang word deur mense wat twee of drie dae voor die brand in plakkershutte gewoon het. Dit is onregverdig!”

Mnr. Raymond Peterson van die ministerie van werke en vervoer, wat ook die projekbestuurder van die nuwe huise is, het gesê die aantygings oor die lys is nie waar nie.

“'n Goedgekeurde resolusie het verklaar huise sal gebou word vir brandslagoffers en nie vir mense wat hul plakkershutte aan iemand anders verhuur of verkoop nie. Mense het na vore gekom en beweer eiendomme behoort aan hulle, terwyl dit nie so was nie.”

Peterson het gesê die lys is saamgestel volgens die okkupasiesertifikate wat aan die brandslagoffers oorhandig is.

“Die bykomende mense wat by die lys gevoeg is, was mense wat uitgelaat is weens mense wat huise ontvang het, wat nie brandslagoffers van die federasie se kant was nie [sic]. Die 21 bykomende huise wat gebou is, was vir huiseienaars wat nie ten tyde van die brand teenwoordig was nie, omdat hulle vragmotorbestuurders is of in ander streke ingeperk was.”

Peterson het gesê die lys is in ooreenstemming met die resolusie van die parlementêre komitee oor ramp- en risikobestuur saamgestel.

“Niemand is onregverdig verwyder of op die lys geplaas as hulle nie daar hoort nie. As mense by jou gewoon het ten tyde van die brand, beteken dit die eienaar van die plakkershut het die sertifikaat vir die huis ontvang. Dus, wanneer jy trek, moet jy die mense saamneem wat by jou bly.”

Volgens hom is dit hier waar die teenstrydigheid inkom. “Mense van een hut wil vier huise hê – een vir elk. Ons het streng gewerk volgens die besluit wat geneem is.”

Otweya-inwoners is verantwoordelik om hul krag te laat koppel – wat 'n eenmalige betaling van N$520 is – en vir hul wateraansluiting (voorafbetaalde meter) van N$3 468,64 wat oor 'n tydperk van 12 maande betaalbaar is.

Donatus het in 'n vorige onderhoud met Erongo 24/7 verduidelik die ­afbetaling van die huis is op N$316,32 per maand vasgestel oor 'n tydperk van 15 jaar, wat ongeveer N$40 000 in totaal is met 'n jaarlikse rentekoers van 5%.

Voorafbetaalde watermeters is geïnstalleer, terwyl die voorsiening van krag na verwagting teen Maart volgende jaar voltooi sal wees.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!