Brand vlam weer op
Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir infrastruktuurontwikkeling, en Gwen Ramokgopa, die provinsie se LUR vir gesondheid, moet verantwoordelikheid aanvaar vir die brand waarin drie brandweermanne Woensdag in Johannesburg dood is, sê die DA. Die party eis dat die LUR’e bedank omdat hulle nie ag geslaan het op waarskuwings dat die Bank of Lisbon-gebou onveilig is nie. Die brand het gister weer opgevlam en nooddienspersoneel het probeer om dit onder beheer te bring. Jack Bloom, die DA se woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, en Alan Fuchs, die party se woordvoerder oor infrastruktuurontwikkeling in die provinsie, het gisteroggend gesê Mamabolo en Ramokgopa het versuim om ag te slaan op verskeie waarskuwings dat die gebou ’n veiligheidsrisiko is en dat personeel na ’n ander plek verskuif moet word. Foto Netwerk24
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie