Brand verwoes 9 kamers op Koedoeberg
'n Brand wat vermoedelik in 'n kaggel ontstaan het, het groot skade op 'n gasteplaas veroorsaak.
Henriette Lamprecht – Die Koedoeberg-gasteplaas se hoofgebou en wat onder meer die ontvangsarea, kombuis, kroeg en lapa gehuisves het, is Woensdagaand in ’n brand verwoes.
Die brand het ook nege uit die 30 kamers op die gasteplaas in puin gelê.
Die gasteplaas behoort aan die Van Wyk-egpaar van Walvisbaai, Servaas en Melanie, wat ook ’n spyseniersmaatskappy en drankwinkel op Walvisbaai besit. Die egpaar het hul ou familieplaas in Oktober 2016 teruggekoop, en dit opgeknap en uitgebrei om in Mei vanjaar hul eerste trougaste te kon onthaal.
Volgens hul dogter, Lizane Thiersen, het die brand Woensdag tussen 17:00 en 18:00 ontstaan. Teen 21:00 was “alles verby”, het Thiersen gesê.
“Dit was my oupa-hulle se plaas tussen 1950 en 1970 en na twee eienaars kon my pa dit in November 2016 weer terugkoop.”
Volgens Thiersen was haar pa Woensdagmiddag in die veld op die gasteplaas, toe hy ’n wit strook rook kon sien van die berg af waarop hy op daardie stadium was.
“Hy het rooi vlamme tussen die wit rook gesien en onmiddellik geweet daar is groot fout.”
Die brand het die kombuis, lapa, kroeg, kantoor, ontvangs, eetkamer asook nege kamers in puin gelê.
“Gaste wat tydens die brand op die gasteplaas was, het gehelp om sover hul kan goed uit te dra. Alles het egter so vinnig gebeur en eintlik was dit gou verby.”
Volgens haar word die skade op tussen N$5 en N$10 miljoen beraam.
“Die huis self was die oorspronklike huis binne waarin my ouma en oupa gebly het. Alles binne en wat vir my pa sentiment gehad het, is weg. My pa self het oor die 16 000 km tussen Januarie en Mei gery om goed vir die gasteplaas aan te ry. Dis vir hom ’n geweldige slag.”
Niemand is tydens die brand beseer nie, ook nie enige diere op die gasteplaas nie.
“Ons het so ’n tipe van ’n ‘petting zoo’, maar al dié diere is oukei, net die ‘budgies’ het die kans gevat om met die oop hokke weg te vlieg.”
Die brand het na bewering in 'n kaggel ontstaan.
Volgens Thiersen is planne reeds beraam om alles steeds gerieflik vir gaste te maak wat reeds vir die res van die jaar bespreek het.
“Ons gaan ’n tent oprig in die plek van die lapa, terwyl die vier selfsorgeenhede in ’n kombuis omskep gaan word om etes voor te berei. Die swembad is steeds daar, ons doen steeds wildbesigtingsritte en skemerkelkies. Dinge gaan aan soos dit moet en kan!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie