Brand vernietig familietuiste
Agt sonder hawe, klere en hoop
Yochanaan Coetzee – Mnr. Raphael en me. Maria Ndjamba se tweejarige dogtertjie was Vrydagmiddag vrolik en woelig terwyl sy op haar pa se heup sit in Windhoek se Okahandjapark-nedersetting.
Alhoewel 'n skare bure om die rokende oorblyfsels van hul viervertrekpondok staan, sny haar gegiggel deur die geskokte stilte wat oor die toneel hang.
Maria (39) is stom. Haar hart so seer dat sy nie eens die krag om te huil bymekaar kan skraap nie. Raphael (40) wil duidelik sy vrou troos, maar sukkel.
“Ons is vernietig,” sê hy toe Republikein hom oor die voorval vra.
“Ek weet nie waar om te begin om te voel nie. Al waroor ek nou kan dink, is wat ek aan my 14-jarige kinders gaan sê wanneer hulle van die skool af kom en sien dat ons tuiste tot niet is en alles is verlore,” sê hy en kyk weg terwyl hy sy emosies probeer beheer.
Hy was op pad om ’n paar take af te handel nadat hy die dag by sy werk by ’n verspreidingsmaatskappy in Windhoek afgekry het.
Sy vrou was soos elke dag vroeg al op haar pos by haar stalletjie in Okuryangava. Daar moet sy daagliks die tamaties en uie teen die son beskerm sodat dit nie verlep of verrot nie. Haar voorraad en al die geld wat sy gespaar het, is ook in die brand vernietig.
Hulle het albei uitgesien om die naweek saam met hul ses kinders te geniet, maar toe kom die oproep wat hul lewe sou omkeer. Om 09:00 het daar ’n brand by hul tuiste onstaan. Oomblikke later moes die gemeenskap inspring en drie naburige pondokke afbreek om te keer dat die brand versprei.
Volgens ooggetuies was daar niks te redde teen die tyd wat die brandweer opgedaag het nie.
Soos die meeste van die families wat in die informele nedersettings woon, was hul besittings nie verseker nie. Alles is vernietig - van klere en meubels tot dokumente.
Terwyl Raphael en Maria deur die as van jare se harde werk en opofferings soek vir enige iets wat herwin kan word, is daar twee vrae wat deur hul gedagtes maal: "Hoe en hoe nou?”
Die familie gebruik gas en sonkrag, maar weet nie hoe die brand onstaan het nie.
”Nadat ek in kennis gestel is, het ek my na my ouers se huis gehaas. Toe ek hier kom, was drie van die vertrekke al aan die brand, behalwe die kombuis. Ek kan nie verstaan hoe die brand ontstaan het nie, want dit was nie in die kombuis nie en daar was niemand by die huis in daardie stadium nie,” het me. Vicky Kativa, hul oudste dogter, gesê.
HAGLIKE OMSTANDIGHEDE
Emosionele inwoners van die D-uitbreiding van Okahandjapark het hul frustrasies met Republikein gedeel oor wat hulle noem ’n “totale gebrek aan belangstelling, beplanning en besorgheid deur die owerhede”.
“Die beplanning en uitleg van hierdie nedersettings is verskriklik. Daar is geen water, krag of moeite gemaak in die 18 jaar wat ons hier bly nie. Ons bly bo-op mekaar. As een plek brand, is dit net ’n kwessie van oomblikke voor dit versprei,” het mnr. Derrick van Wyk gesê.
“Ons het nie eens toilette nie. Ons kinders en oumense word gereeld doodgestamp wanneer hulle oor die pad stap om hulself te verlig. Wanneer sal ons armes ook soos mense kan leef?” het sy skoonma, me. Katrina Swartz, gevra.
Toe Republikein gister met Kativa gepraat het, het sy gesê die familie ly nog aan skok.
“Hulle agt bly nou saam met my en my drie kinders in my klein pondokkie. Almal was ontsettend hartseer die naweek en kon nie eens eet nie. My ma het van Vrydag af nog niks geëet nie,” sê sy.
“My ouers is baie ontsteld, omdat dit die middel van die maand is en ons niks het om vir die skoolkinders te voorsien nie en geen materiaal het om oor te begin nie.”
Enige iemand wat die familie in hul tyd van nood wil help, kan me. Vicky Kativa by 081 653 2221 kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie