Brakwater sien rooi oor munisipale rekeninge

Die gemeenskapsvereniging sê hy soek bewyse dat die stadsraad die verhoging van hul munisipale tariewe en belasting goedgekeur het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Verskeie eienaars van eiendomme op Brakwater sê munisipale rekeninge het hulle die afgelope 13 maande teen die toue.

Baie sê hulle moes werknemers noodgedwonge afdank en hul eiendomme verkoop.

Dít nadat die munisipaliteit glo in Augustus verlede jaar skielik dieselfde tariewe en belasting in Brakwater begin hef het as op eiendomme in Windhoek – ‘n verhoging van tussen 3 000% en 5 000%.

“Boonop moes ons sedertdien ook vir afvalbestuur betaal, al ontvang ons nie die diens nie,” het die Brakwater-Suid-gemeenskapsvereniging(BSCA)-voorsitter, mnr. Ludwig Kapingana, aan Republikein gesê.

Die vereniging sê hoewel Brakwater reeds vir 26 jaar lank deel van Windhoek se munisipale gebied is, het hulle net sowat 20% van gewone munisipale tariewe en belasting betaal “omdat daar bykans ’n totale gebrek aan munisipale dienste en infrastruktuur” in Brakwater is.

Kapingana sê die Windhoekse munisipaliteit het in Augustus verlede jaar besluit om skielik ook normale tariewe vir afvalbestuur in Brakwater te hef, hoewel daar tot dusver geen bewys aan hulle gelewer is dat die stadsraad dit goedgekeur het nie.

Die vereniging het ‘n munisipale rekening aan Republikein verskaf waarin gesien kan word ‘n erfeienaar het in Augustus verlede jaar N$28,67 as “grondtarief” betaal, net om in September N$960 daarvoor te betaal.

Opknappingstariewe het van N$48,76 na N$401 verhoog, terwyl ’n heffing vir afvalbestuur van N$435,29 in September 2018 bygekom het.

Kapingana sê die stadsraad het in Augustus 2012 op ‘n afslagtarief en -belastingstelsel vir Brakwater besluit – iets wat in die stadsraadvergadering se notule aangeteken is.

Die vereniging sê Brakwater ontvang geen dienste soos uiteengesit onder afvalbestuur nie – dit sluit die optel van vullis, die verskaffing van swartsakke, die vee van paaie, die skoonmaak van strate, padreserwes en oop gebiede in.

“Die munisipaliteit moet bewys lewer dat die stadsraad die heffing vir Brakwater se afvalbestuur goedgekeur het,” het die vereniging gesê.

Hulle is ook ontevrede daarmee dat van hul eiendomme skielik vir baie hoër gewaardeer is.

Kapingana sê 2015 se waardasierol is verlede jaar bekend gestel.

Die vereniging het ‘n voorbeeld aan Republikein verskaf waarvolgens ‘n eiendom van 39 m2 se waarde van N$235 000 na N$1,2 miljoen verhoog het.

Die BSCA sê ook Brakwater-eienaars betaal verhoogde opknappingsfooie, wat ondanks ‘n aangetekende besluit van die stadsraad nie eenkant gehou word vir toekomstige dienste en infrastruktuurontwikkeling op Brakwater nie.

Die vereniging beweer die geld word deur Windhoek se tariewe “ingesluk”.

“Ons dra die totale koste vir alle toekomstige verbeterings op Brakwater, maar die munisipaliteit het reeds aangedui dit gaan geen grootmaat- munisipale dienste verskaf tot hier genoeg mense bly en die kapitale uitgawe te regverdig nie,” het die vereniging gesê.

“Terselfdertyd moet ons tevrede wees met ‘n bykans totale afwesigheid van grootmaat- en munisipale dienste én die munisipaliteit daarvoor betaal, terwyl ons dit self moet laat installeer.”

Skriftelike navrae is aan die munisipaliteit gestuur, wat na verwagting binnekort sal reageer.

Hulle het tot dusver glo herhaaldelik versuim om op die BSCA se versoeke te reageer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!