Boustandaarde word vasgestel

Konstruksiebedryf wil ''n nasionale raad hê

24 November 2016 | Infrastruktuur
Augetto Graig



Die Federasie van die Konstruksiebedryf van Namibië (CIF) en die Namibiese Instituut vir Standaarde (NSI) het Dinsdag ''n samewerkingsooreenkoms onderteken vir die ontwikkeling en aanneming van topgehalte internasionaal-aanvaarbare standaarde vir die Namibiese boubedryf.

Onder die toesig van die adjunkminister van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Pieter van der Walt, het me. Bärbel Kirchner, raadgewende hoofbestuurder van CIF, en me. Chie Wasserfall, die hoof uitvoerende beampte van die NSI, die ooreenkoms amptelik in werking gestel.

Volgens Van der Walt het die Namibiese boubedryf meer mededingend en ingewikkeld geraak met uitdagings vir maatskappye wat beter winsgrense, verminderde koste en meer voorspelbaarheid wil bereik.

“Of jy betrokke is by infrastruktuur of geboue, internasionale standaarde is daar om maatskappye te help met die beheer van verskeie risiko''s met ''n reeks oplossings om doeltreffendheid, nakoming en beheer van daaglikse risiko''s, groter samewerking en suksesvolle voorsieningskettingbestuur aan te moedig,” het die adjunkminister gesê.

“Die implementering van internasionale standaarde in konstruksie verskaf tegniese voordele, maar ook sosiale-, ekonomiese- en omgewingswinste,” sê hy.

Spesifiek wil die adjunkminister sien dat die standaarde die boubedryf se beeld rakende rommelstrooi verbeter: “Die boubedryf is verantwoordelik vir ''n groot deel van afval en algemene besoedeling en groot verbeteringe moet gemaak word om dit te verminder.”

Van der Walt het gesê die regering neem kennis van die moeilike tye waardeur die bedryf nou gaan, veral ten opsigte van water­skaarsheid en die huidige verbod op die regering se tenders vir boukontrakte.



GEHALTE IN BOUBEDRYF

“Ek doen ''n beroep op besigheide in die boubedryf om, ten spyte van die uitdagings, nie op gehalte in te boet nie,” het hy gesê.

Op sy beurt het die president van die CIF, mnr. Nico Badenhorst, erken dat die beeld van die boubedryf besoedel word deur slordige vakman­skap, verhoogde koste, vertraging in uitvoering van projekte en onvoltooide projekte.

“Enige iemand en almal kan die eienaar en bestuurder van ''n konstruksiemaatskappy wees, ongeag kwalifikasies, ervaring of die nodige sake- of tegniese kennis, of selfs sonder eie kapasiteit, en slegs op papier bestaan en as agent vir buitelandse maatskappye werk,” sê hy.

Volgens Badenhorst is die toepassing van standaarde kritiek om misverstande oor gehalte te vermy.

“Daarom is dit belangrik dat ons die kennis van boukodes en -standaarde vermeerder, asook kennis het van die voordele van die gebruik van die standaarde deur alle betrokke partye in die bouproses. Nogtans sal standaarde en die kennis van standaarde nie genoeg wees as dit nie gehandhaaf word nie,” het hy gesê.

Om dié rede pleit Badenhorst vir die vestiging van ''n nasionale bouraad. Hy sê pogings om so ''n raad te vestig, het al in 2012 gelei tot ''n wetsontwerp wat deur parlement verwerp is.

Die wetsontwerp het nog nie weer voor wetgewers verskyn nie.

Namens die NSI het Wasserfall die impak van standaarde op die daaglikse lewe beskryf en gesê sonder standaarde kan daar geen vooruitgang wees nie.

Sy het ''n beroep op alle CIF-lede gedoen om deel te neem in die ontwikkeling van standaarde, en dit toepas. “Spesifiek ­moet die Namibiese boubedryf meer doen om internasionale standaarde met ­betrekking tot veiligheid en gesondheid toe te pas,” het Wasserfall gesê.

Hiervoor sal die internasionale organisasie vir standaarde (ISO) in Desember 2017 die ISO 45001 beroepsgesondheid- en veiligheidbestuurstelsels voorstel wat sy aanmoedig almal moet kry en volg.

Soortgelyk

 

Stropery: 16 renosters, 16 olifante

1 uur gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het gister bevestig dat 16 renosters en 16 olifante dusver vanjaar in die land gestroop...

NBC skuld mediese fonds miljoene dollar

1 uur gelede | Plaaslik

Henriette Lamprecht - Die nasionale uitsaaier (NBC) het by monde van sy direkteur-­generaal, mnr. Stanley Similo, erken dit is met miljoene agterstallig wat sy werknemers...

Sprong na vryheid

1 uur gelede | Omgewing

Een van die twee leeumannetjies (sowat drie jaar oud) wat Vrydag deur die Harnas-wildstigting in Buffalopark in die Bwabwata Nasionale Park vrygelaat is, spring na...

Boek oor GDR-kinders bekend gestel

1 uur gelede | Geskiedenis

Catherine Sasman - 'n Boek met die wedervaringe van Namibiese kinders wat destyds uit die oorloggeteisterde dele van Angola en Zambië verwyder is en na...

Weer vir 29 Junie 2017

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig in die //Kharasstreek. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm in die Noorde wees.North. KUS: Gedeeltelik bewolk en...

5G op pad na Namibië

1 uur gelede | Tegnologie

Namibië kan eersdaags uitsien na al die voordele wat 5G bied.Dit maak dit onder meer moontlik om oral in verbinding te bly. Boonop is dit...

RCC: Niks verkeerd met N$5 miljard-versoek

1 uur gelede | Infrastruktuur

Catherine Sasman - Die hoof uitvoerende beampte van die Padkontrakteursmaatskappy (RCC), Tino! Hanabeb, sê daar is niks verkeerd met 'n voorstel aan private entiteite oor...

Little Kulala 'n top- woestynlodge

1 uur gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Little Kulala naby Sossusvlei is deur CNN as een van die 10 beste blyplekke in 'n woestyn in die wêreld gekies. “Hierdie...

Namibiër tot internasionale museumraad verkies

1 uur gelede | Gebeure

Dr. Jeremy Silvester, bestuurder vir projekontwikkeling by die Museumvereniging van Namibië, is tydens die driejaarlikse konferensie vir Museumverenigings van Statebondlande (CAM) in Calgary, Kanada, tot...