u2018Bou u2018n volhoubare toekomsu2019
u2018Bou u2018n volhoubare toekomsu2019

‘Bou ‘n volhoubare toekoms’

’n Nuwe handboek is bekend gestel om ’n omgewingsgeletterde generasie probleemoplossers te skep.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Wêreldtoekomsraad (WFC) het ‘n nuwe handboek vrygestel wat fokus op onderrigpraktyke wat kinders en die jeug leer om ‘n volhoubare toekoms te bou.

Die publikasie wys hoe onderrigbenaderings leerlinge kan help om die vaardighede te ontwikkel om meer veerkragtige, vaardige en laekoolstof-samelewings te skep.

Die boek spog met beleidsrigtings en praktyke om Onderrig vir Volhoubare Ontwikkeling (ESD) te bevorder.

Die WFC se kommissie vir die regte van kinders en die jeug het met 16 omgewings- en onderwysministeries in dié verband saamgewerk.

Hieruit was dit duidelik ESD kan ‘n sentrale rol speel in die bemagtiging van leerlinge van alle ouderdomme om positief te reageer op hedendaagse wêreldkwessies, wat klimaatsverandering, die verlies aan biodiversiteit en ongelykheid insluit.

Met die wêreld wat daagliks reuseuitdagings in die gesig staar, sê die WFC is dit duidelik kinders moet geleer word om in beginsel anders te dink en te leef.

Navorsing het getoon ESD help reeds om dié verandering moontlik te maak.

Die publikasie ondersoek van die sentrale temas in beleidsrigtings, prosesse en ook lande wat reeds baanbrekerswerk op dié gebied doen.

Dit ondersoek belangrike kwessies en geleenthede vir meer holistiese, toekomsgerigte en veranderende onderrig.

ESD verwelkom ‘n praktiese en buitelewe benadering, in teenstelling met ‘n binnenshuise lewe en ’n gebrek aan kontak met die natuurlike wêreld, wat ‘n werklike invloed op die gesondheid en welstand van kinders het.

ESD skep volgens ‘n verklaring deur die WFS toestande vir ‘n omgewingsgeletterde generasie probleemoplossers.

“Soos die groeiende skoolbeweging oraloor Europa wys, het ons jong leerlinge met kennis, waarde en oortuiging nodig om regverdig en inklusief op te tree om volhoubare ontwikkeling ‘n werklikheid te maak,” sê me. Alexandra Wandel, uitvoerende direkteur van die WFC.

Dr. Aluma Obama, voorsitter van die WFC se kommissie vir kinderregte en stigter en direkteur van die Sauti Kuu-stigting, sê: “Onderwysstelsels moet hervorm word om ons jongmense toe te laat om skool gemotiveer, skeppend en in staat om hulself te onderhou te verlaat – geestelik, sosiaal en finansieel.”

Volgens hom moedig die volledige handboek vir beleidsrigtings dié verandering aan en bemagtig dit leerlinge met kernvaardighede, kennis en geloof in hulself om die beste mens te word wat hulle kan wees.

“Ons het geen tyd om te mors nie,” het hy gemaan.

Me. Jane Goodall, ereraadslid van die WFC en ‘n Boodskapper van Vrede vir die Verenigde Nasies (VN), sê die bemagtiging van jongmense om vir die wêreld te sorg wat hulle erf, is elke generasie se verantwoordelikheid.

“Onderrig vir volhoubare ontwikkeling is ‘n kragtige hulpmiddel wat jongmense, hul portuurgroep en gemeenskappe die kennis en vertroue gee om hul oortuigings uit te leef, deel van iets groter te wees en om ‘n werklike verskil te maak,” het sy gesê.

Die handboek bied insigte vanoor die wêreld oor hoe volhoubare ontwikkeling suksesvol in beleidsrigtings, leerplanne en skole, universiteite en ander onderriginstellings suksesvol geïmplementeer kan word.

Lande soos Skotland trek ‘n duidelike verband tussen ESD en die vaardighede wat nodig is om jongmense voor te berei vir ‘n volhoubare ekonomie, wat op hernubare energie en meer volhoubare verbruiks- en produksiepatrone gebaseer is.

Costa Rica se beleidsrigting om sy ekonomie teen 2021 meer ekovriendelik te maak, is soortgelyk hieraan.

Dié land identifiseer ESD spesifiek as deel van ‘n breër program om openbare bewusmaking te verskerp en kulturele praktyke te verander.

Uiteindelik, sê die WFC, rus die onus op elkeen om ‘n aktiewe rol te speel in die skep van ‘n wêreld wat met trots aan kleinkinders oorgedra kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!