u2018Bou u2019n veerkragtige samelewingu2019
u2018Bou u2019n veerkragtige samelewingu2019

‘Bou ’n veerkragtige samelewing’

Die Namibiese Rooikruisvereniging het ’n beroep op die regering, rolspelers en vennote gedoen om programme te versterk wat daarop gemik is om die veerkragtigheid van Namibiese gemeenskappe te verbeter.

Dit sluit veral in gemeenskappe wat gereeld gebuk gaan onder die risiko van vloede, droogtes en die uitbreking van siektes.

Die vereniging se sekretaris-generaal, Naemi Heita, sê dit sal gemeenskappe in staat stel om toekomstige rampe te oorleef, sonder om te veel op hulp van buite staat te maak.

“Die tyd het vir ons aangebreek om gemeenskappe se kennis en vaardighede met betrekking tot belangrike aangeleenthede te versterk om te verseker geen lewens of bates gaan in noodtoestande verlore nie,” het sy gesê.

Die aangeleenthede sluit vroeë waarskuwingstelsels sowel as voorbereiding vir rampe in.

Heita het beklemtoon gemeenskapsgebaseerde benaderings waaronder eienaarskap van sanitasie wat positiewe resultate gehad het, moet ook in gemeenskappe toegepas word om uitdagings rondom higiëne - veral op voetsoolvlak - te takel.

“Ons sien en voel reeds die uitwerking van klimaatsverandering wat in die komende dekades gaan verhoog.”

In dié verband werk die Namibiese Rooikruisvereniging nou saam met gemeenskappe om bewusmaking oor klimaatskwessies te skep.

Dit help gemeenskappe om daagliks ingeligte besluite te neem, het sy gesê.

Die vereniging bereik op ’n jaarlikse basis tussen 300 000 en 500 000 mense deur middel van diverse en innoverende dienste gemik op plaaslike behoeftes en om veiliger en sterker gemeenskappe te bou.

Dit sluit die implementering van programme vir rampbestuur, voedselsekuriteit, water en sanitasie, sowel as die uitbreiding van internasionale menseregte (IHL) onder militêre en polisiebeamptes in.

“In ingewikkelde omstandighede met toenemende kwesbaarhede verander ons vermoë gedurig om mense in nood te bereik. Ons vrywilligers en personeel vind egter kreatiewe en innoverende maniere om plaaslike oplossings aan te pas om mense in nood te bereik en te help om op uitdagings voor te berei, dit te hanteer en daarvan te herstel.”

Heita het voorts gesê die viering van Wêreld- Rooikruis- en Rooisirkeldag op 8 Mei is ’n geleentheid om die bydraes en suksesse van die miljoene Rooikruis-vrywilligers en –personeel dwarsoor die wêreld te vier.

Die werk van die Internasionale Rooikruis- en Rooisirkelbeweging wat bestaan uit die Internasionale Komitee van die Rooikruis, die Internasionale Federasie van Rooikruis- en Rooisirkelverenigings, sowel as 190 Nasionale Rooikruis – en Rooisirkelbewegings, dek meer as 150 jaar van humanitêre optrede.

Die Rooikruis- en Rooisirkelbeweging bereik jaarliks meer as ’n miljoen mense deur sy netwerk van sowat 17 miljoen vrywilligers en 450 000 personeellede.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!