Botswana word maalvleis
Krieket
Andrew Poolman - As 'n losmaker vir 'n opwindende nuwe krieketseisoen is die Namibiese Eagles glad nie in enige bui om nonsens van 'n laer gerekende buurland te duld nie.
Dié boodskap is gister luid uitgestuur toe Gerhard Erasmus en sy spanmaats by die Trustco United-veld vir Botswana met sewe paaltjies oordonder het.
Dit was bestem om 'n eendagwedstryd oor vyftig boulbeurte te wees, maar die Namibiese boulaanval het van vroeg af die weerstand afgetakel om die uitslag redelik vroeg te beklink.
Die skrif was aan die muur toe Botswana vir net 92 lopies uitgeboul is. Kaptein Erasmus (1/8 in 3) was die negende en laaste bouler wat die 35.1 boulbeurte gedeel het waarin die buurspan staande kon bly.
Die skade was toe reeds deur die haastiger manne soos Tangeni Lungameni (3/11 in 4.1), Jan Frylinck (2/8 in 6) en Karl Birkenstock (3/16 in 4.1) aangerig. Zhivago Groenewald het sy kans aangegryp (1/3 in sy drie beurte).
Loshande die enigste hoogtepunt vir Botswana was die 54-vennootskap tussen Amir Saiyed (32 van 70 balle, 2x4 2x6) en Reginaldo Nehonde (41 van 72 balle, 3x4), nadat hulle op 'n rampspoedige 10/4 bymekaar gekom het.
Só 'n lae teiken sou uiteraard nie vir almal kolfkans bied nie. Stephen Baard (34 van 52 balle) het drie viere geslaan in sy vennootskap van 49 lopies om die eerste paaltjie saam met Karl Birkenstock, die eerste man uit op 20 van 41 balle (2x4 1x6).
JP Kotze (3) is vroeg uitgevang, maar Gerhard Erasmus (25 nie uit nie van 21 balle, 4x4) en Craig Williams (3* van 8 balle) het gewys dat Namibië nog oor heelwat reserwe-kolfkrag beskik het.
• Namibië is vanaf vandag die gasheer vir sy geskiedkundige eerste T20-reeks van vier wedstryde teen Botswana, wat almal by United-veld gespeel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie