Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes
Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

Elvira Hattingh
Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat in 2020 geskiet is toe hulle op die Chobe-rivier in Botswana gehengel het nie.

Die broers Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo asook hul neef Sinvula Muyeme, 'n Zambiese burger, is op 5 November geskiet toe die BDF hulle in die suidelike kanaal van die Choberivier teëgekom het. Hul moeder me. Alphonsina Mubu is vyf dae later oorlede en hul suster is toe in die hospitaal weens skok opgeneem.

Op 30 Desember 2020 het die staatshoofde van Namibië en Botswana in 'n gesamentlike verklaring die saak as sensitief beskryf en het burgers tot kalmte en geduld gemaan. Terselfdertyd was winkels in Katima Mulilo onder eienaarskap van Batswana gedwing om toe te maak.

Botswana volg 'n nie-amptelike doodskietbeleid om stropers teen te staan en ná die skietvoorval is berig dat die vissermanne vermeende stropers was wat gedurende 'n operasie teen stropery geskiet is. Die familie het hierdie aanname verwerp en sê die gestorwe vissermanne was broodwinners wat deur visvang en visverkope hul familie onderhou het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!