Botswana toets, begelei drywers

Die buurland voer nou by sy grensposte Covid-19-toetse op vragmotorbestuurders uit.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die bestuurders van vragmotors wat vrag uit Suid-Afrika via Botswana na Namibië vervoer en weer langs daardie weg terugkeer, word nou nie net deur die gesondheidsowerheid in die buurland vir Covid-19 getoets nie, maar moet ook in 'n begeleide konvooi deur die land beweeg.

Dié nuwe maatreëls is gister deur mnr. Lesley Mpofu, uitvoerende hoof van die Trans-Kalahari-Korridorgroep se sekretariaat, bevestig.

Botswana het aanvanklik op 13 Mei aangekondig geen vragmotorbestuurder sal toegelaat word om die land binne te gaan as hy nie bewys kan lewer dat hy negatief vir Covid-19 getoets het nie. Die toetsuitslag mag nie ouer as 72 uur wees nie.

Dié aankondiging is twee dae later hersien en Vrydag is bekend gemaak die gesondheidsowerheid in Botswana sal self lorriedrywers by die land se grensposte toets.

Dit was nadat die Namibiese vervoerbedryf onder leiding van mnr. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibië Logistiekvereniging (NLA), Donderdag met Mpofu en verteenwoordigers van Botswana se hoëkommisariaat in Windhoek oor die impak van die 13 Mei-aankondiging vergader het.

'n Verdere maatreël wat sedert die naweek in Botswana geld, is dat lorriedrywers wat die buurland binnegaan, onder polisiebegeleiding verder moet ry.

“Die bestuurders van vragmotors word deur die polisie begelei tot waar hulle in Botswana vrag moet aflaai. As hulle die land net as deurgangsroete gebruik, word hulle tot by die volgende grenspos begelei,” het Mpofu gister by navraag verduidelik.

Hy sê dit is die reël sedert Saterdag, toe begin is om lorriedrywers by grensposte te toets.

“Die uitslag van die deppers wat vir die virus getoets word, is binne 50 minute be­skikbaar. Agt toetse kan op een slag in die masjien geplaas word. Ek is deur die beamptes by die Mamuno-grenspos ingelig sodra die agt lorriedrywers wat getoets is, se toetsuitslae bekend is, mag hulle onder polisiebegeleiding vertrek.”

Mpofu sê die begeleidingsreël is van toepassing al het 'n lorriedrywer negatief getoets.

Intussen blyk dit uit teksboodskappe wat op 'n WhatsApp-groep vir lorriedrywers en vervoermaatskappye geplaas is dat lang oponthoude die naweek by grensposte ervaar is.

Schmidt sê dit veroorsaak erge kopsere, want karweiers kan nie by die afleweringstye hou waarop daar in diensleweringsooreenkomste met kliënte ooreengekom is nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 24 | EUR to NAD 20.57 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.1 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.49 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.29 | USD to KES 131.48 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 198.29/OZ UP +0.34% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0031 | Zinc US$ 2 440.90/T DOWN -0.64% | Brent Crude Oil US$ 86.57/BBP UP +0.21% | Platinum US$ 895.17/OZ UP +0.03%