Botswana skiet vier stropers
Botswana skiet vier stropers

Botswana skiet vier stropers

Namibië se oostelike buurland loop deur onder renosterstropers en die raaiseldood van honderde olifante.
Sanet de Waal
Francoise Steynberg – Die weermag van Botswana (BDF) het vier stropers in drie afsonderlike voorvalle in die Okavango-delta doodgeskiet.

Volgens ’n mediaverklaring van die BDF het die voorvalle oor sewe dae tussen 22 en 29 Junie plaasgevind toe heen en weer tussen die weermag en stopers geskiet is.

“Die kontakgebiede was by Mombo, Kurunxaraga en die Selina-oorloop in die gebied van Linyanti. Daar is ’n onrusbarende oplewing van renosterstropery in die Okavango-delta en stropers volhard met genadelose taktieke met BDF-lede as teiken,” lui die verklaring.

“As ’n professionele mag sal BDF se teenstropingseenhede voortgaan om hul taak uit te voer om bedreigde spesies te beskerm,” sê kol. Tebo Dikole, weermaghoof van Botswana.

Die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Zambezistreek, komm. Karl Theron, het by navraag aan Republikein gesê die stropers wat doodgeskiet is, is beslis nie Namibiërs nie.

“Daar is al voorheen vermeende Namibiese stropers in die Linaynti-gebied doodgeskiet en die regering van Botswana stel ons gewoonlik in kennis,” het hy gesê.

Theron sê weens die sterk teenwoordigheid van Namibiese wetstoepassers in die noordooste om stropers vas te vat, “vermoed ons hulle hardloop nou Botswana toe”.

HONDERDE OLIFANTKARKASSE

Intussen probeer Botswana se ministerie van die omgewing, natuurlike hulpbronne, natuurbewaring en toerisme die raaiseldood van honderde olifante in die omgewing van Seronga in die noordelike Okavango-delta ontsyfer.

Volgens ’n verklaring van die ministerie is 356 olifantkarkasse sedert Maart gevind, terwyl bewaringsaktiviste sê meer as 400 olifante is in die gebied dood.

“Die ondersoek na die onverklaarde olifantsterftes duur voort. Drie laboratoriums in Zimbabwe, Suid-Afrika en Kanada is geïdentifiseer om die monsters van die dooie olifante te ontleed,” lui die verklaring.

“Die tande word verwyder en die olifantkarkasse word vernietig naby nedersettings waar mense woon.”

Die versekering is gegee dat daar tot dusver geen bewyse van olifantstropery is nie, hoewel die ondersoek na die vrektes voortduur.

Geen soortgelyke noodlottige verliese onder olifante is in Namibië aangemeld nie.

Een vermoede is dat die olifante vergiftig is. Africa Geographic berig dat 70% van die karkasse naby watergate of panne gevind is en ’n dooie perd is ook naby ’n watergat gesien.

“Lewende olifante naby waterbronne is gesien wat gedisoriënteerd lyk asof hulle nie beheer oor hul bene het nie. Een is gesien wat in sirkels geloop het.”

Geen karkasse van ander spesies is in die gebied opgemerk nie en aasvoëls wat aan die olifantkarkasse geëet het, het ook niks oorgekom nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.97/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.13% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.36/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 938.95/OZ DOWN -0.0011 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 382.97/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.13% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.36/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 938.95/OZ DOWN -0.0011