Botswana se Masisi besoek Geingob
Botswana se nuwe president, mnr. Mokgweetsi Masisi, bring Maandag ’n hoflikheidsbesoek aan president Hage Geingob. Masisi se besoek volg op sy onlangse inswering op 1 April as Botswana se vyfde president. Masisi het die leisels by Ian Khama oorgeneem wat ná sy twee termyne as president uitgetree het. Die president van Botswana is beperk tot die uitdien van twee vyfjaartermyne. Masisi het voor sy aanwysing as president die land as vise-president gedien en was ook ’n minister van onderwys. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie