Botswana gee die Brave Warriors nodige slypkans

13 September 2018 | Sport
Ricardo Mannetti, afrigter van die Brave Warriors, sal die komende internasionale vriendskaplike wedstryd in Botswana gebruik om die plaaslike spelersgroep broodnodige speeltyd te gee voor die aanbreek van twee wedstryde teen Mosambiek op 13 en 16 Oktober in die 2019 Afcon kwalifiserende reeks.

Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) se sekretaris-generaal, Barry Rukoro, het bevestig dat die Namibiërs as deel van Botswana se 52ste onafhanklikheidsviering die grens sal oorsteek om die Sebras aan te pak.

“Hulle het ons genooi en ons het die versoek van ons goeie vriende en bure aanvaar om dié belangrike dag in hul geskiedenis te merk. Vir ons senior nasionale span is die wedstryd­kans ewe belangrik,” het Rukoro verduidelik.

Afrigter Mannetti beklemtoon dat hy die plaaslike Brave Warriors vir die wedstryd sal gebruik, aangesien hulle meer wedstrydtyd nodig het om volgende maand op hul beste te wees in die twee kort opeenvolgende botsings teen die gesamentlike groep K-voorloper, Mosambiek.

“Die spelers van buitelandse klubs sal nie beskikbaar wees nie, want dit is nie 'n Fifa-datum nie, maar dit gee die plaaslike ouens 'n kans om hul kleim weer af te steek.



'GOEIE SPAN'

“Ons het spelers soos Dynamo Fredericks, Absalom Iimbondi en Marcel Papama wat sekerlik langs kaptein Ronald Ketjijere sal speel.

“Ons het ook vir Charles Hambira, wat te laat aangekom het om teen Zambië oorweeg te word, wat ook speelkans nodig het aangesien hy nog wag op die afhandeling van sy papierwerk om vir Baroka FC in Suid-Afrika te mag speel.

“Ons het dus 'n goeie span om na Botswana te neem en die mikpunt is steeds om onsself gereed vir Mosambiek te kry,” sê Mannetti.

In die kwa­lifisering vir die 2019 Afrika Nasiebeker in Kameroen, is Guinee-Bissau boaan groep K met vier punte, gelyk met die tweede geplaasde Mosambiek.

Namibië is derde en Zambië vierde, met een punt elk ná twee wedstryddae.

Die volgende amptelike wed­stryd vir die Brave Warriors is op 13 Oktober in Mosambiek, voor die herontmoeting in Windhoek drie dae later.

Die finale tuiswedstryd sal tussen 12 en 20 November teen Guinee-Bissau wees voordat hulle in Maart 2019 in Zambië besoek aflê.

Die groepwenner en die naaswenner sal kwalifiseer vir die 32ste Total Afrika Nasiebekertoernooi wat vanaf 7 tot 30 Junie 2019 in Kameroen gespeel sal word. – NFA.orga.na

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

13 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

13 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

13 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

13 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

13 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

13 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...