Botswana-aardbewing soos diu00e9 van Oos-Afrika Skeurvallei
Botswana-aardbewing soos diu00e9 van Oos-Afrika Skeurvallei

Botswana-aardbewing soos dié van Oos-Afrika Skeurvallei

Die aardbewing is binne twee minute by drie seismologiese stasies in Namibië opgetel.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Maandag 3 April se Botswana-aardbewing is deur 'n verskuiwing van 'n skeur in die laer aardkors veroorsaak. Boonop is dit twee minute daarná by drie seismologiese stasies in Windhoek, op Ariamsvlei en 16 km buite Tsumeb opgetel.

Die Namibiese ministerie van myne en energie se geologiese opname-afdeling het op 6 April gesê die aardbewing het ontstaan nadat 'n glipaksie in dié ondergrondse spleet voorgekom het. Die betrokke tektoniese plate by die skeur beweeg voortdurend in 'n noordwestelike rigting.

Dit is toe omstreeks 18:42 tydens tweefase-lesings by die seismologiese stasies in Windhoek, Ariamsvlei en Tsumeb opgetel. Die Tsumeb-stasie vorm deel van die Amerikaanse geologiese opname (USGS) se globale netwerk, terwyl eersgenoemde twee staties deel van die Namibiese seismologiese netwerk vorm.

Die geologiese opname het egter gesê verdere plaaslike analises van die aardbewing is nie moontlik nie omdat die Namibiese seismologiese netwerk tans opgegradeer word en slegs enkele stasies nou aanlyn is.

Die aardbewing wat Botswana Maandagaand omstreeks 18:40 (plaaslike tyd) getref het en deur Namibiërs op Katima Mulilo en Divundu gevoel is, het 6,5 op die Richterskaal geregistreer en is ongewoon sterk vir Afrika. Dit is ook die sterkste bewing op rekord vir Botswana.

Volgens die geologiese opname het Suider-Afrika histories min seismiese aktiwiteit, maar die onlangse bewing kan vergelyk word met aardbewings wat in die Oos-Afrika Skeurvallei voorkom en is ook deur soortgelyke grootskaalse tektoniese stres veroorsaak. Dié Oos-Afrika Skeurvallei is “geskep” deur die verbrokkelingsone tussen die Somalië- en Afrika-plaat, wat vanaf Eritrea in Noord-Afrika tot by Malawi in die Suide voorkom.

Die episentrum van die bewing was 132 km wes van die Botswana-dorpie Moijabana teen 'n diepte van sowat 29 km geleë, of 238 km noordwes van Botswana se hoofstad Gaborone.

Volgens die USGS was die koördinate van die episentrum 22.658°S en 25.147°E.

Die skudding is ook sterk in Zimbabwe, Swaziland en Suid-Afrika gevoel. Dit het gevolg nadat 'n kleiner aardbewing, wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het, omstreeks 05:10 op dieselfde dag in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika voorgekom het.

Die geologiese opname sê in hul verklaring dat die onderhoud van die Namibiese seismologiese netwerk weens begrotingstekorte uitdagend is. Tog ondergaan die netwerk tans 'n uitgebreide opgradering wat infrastruktuur betref.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!