Botswana-aardbewing ook plaaslik gevoel
Botswana-aardbewing ook plaaslik gevoel

Botswana-aardbewing ook plaaslik gevoel

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibiërs in Katima Mulilo en Divundu het ook gisteraand se aardbewing gevoel, wat sy oorsprong 44 km oos vanaf Gope in Botswana gehad het en sowat 6,5 op die Richterskaal geregistreer het. Volgens die Amerikaanse geologiese opname, wat aardskuddings wêreldwyd monitor, is hierdie die grootste aardbewing vir Botswana op rekord en het dit omstreeks 18:40 (plaaslike tyd) teen ’n diepte van sowat 29 km voorgekom, met die episentrum wat 238 km noordwes van Gaberone geleë is. Dr. Nortin Titus, die hoofgeofisikus in die Namibiese ministerie van myne en energie het bevestig dat die aardbewing waarskynlik op verskeie plekke in die SADC-streek gevoel kon word en gesê dat verskeie inwoners van Katima Mulilo dit aan hulle rapporteer het. Inligting wat vanaf plaaslike seismiese stasies oor die skudding ingesamel is, word tans nog ontleed. Dié skudding volg nadat ’n kleiner bewing, wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het, omstreeks 05:10 gister in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika voorgekom het. Kaart: Amerikaanse geologiese opname.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!