Botsing eis drie
Des Erasmus - Drie mense is dood in 'n kettingbotsing Saterdag op die B2-hoofweg net buite Usakos op die pad na Karibib.
Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, het 'n bakkie onderweg na Usakos teen die sleepwa van 'n aankomende swaar vragmotor gebots.
Die eerste botsing het die bestuurder van die bakkie beheer laat verloor en die voertuig oor die pad geslinger. Daar het dit teen 'n aankomende stasiewa gebots.
Die bestuurders van die bakkie en die stasiewa is albei in die ongeluk dood. In die bakkie was dit wyle mnr. Fritz Dwinger (38). Die bestuurder van die stasiewa was mnr. Joel Hatutale (36) en sy passasier, wat ook gesterf het, was mnr. Hangula Lukas (38).
Die stasiewa het ná die botsing ook omgeslaan. Die bestuurder van die vragmotor met die sleepwa, mnr. Walter Martin (37), het ongedeerd daarvan afgekom. Die skade aan die vragmotor is ook nie erg nie.
Die nadoodse ondersoeke op die drie mans sal op Walvisbaai uitgevoer word.
Op Swakopmund is motorryers op die soutpad na Hentiesbaai en verder noord tot by die Ugabhek na die Skedelkus gisteroggend ook gewaarsku om op baie versigtig op die sleepgladde pad te bestuur. 'n Moontlikheid is selfs genoem dat die soutpad tussen Swakopmund en Hentiesbaai tydelik gesluit gaan word om af te droog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie