Botma-moordsaak weer uitgestel
Botma-moordsaak weer uitgestel

Botma-moordsaak weer uitgestel

Een van die beskuldigdes wil sy borgtogvoorwaardes laat verslap.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die drie beskuldigdes wat daarop tereg staan dat hulle ’n bejaarde egpaar, mnr. Giel Botma (79) en sy vrou Sarie (80), in Februarie 2018 op hul plaas naby Koës vermoor het, se saak is gister in die hoërhof in Windhoek opnuut uitgestel en sal eers op 11 November hervat.

Die rede vir die uitstel is dat een van die beskuldigdes, mnr. Andries Afrikaner (38), nog op regsverteenwoordiging wag nadat hy sy vorige prokureur se diens beëindig het.

Die saak is Maandag om dieselfde rede uitgestel.

Afrikaner staan saam met mnre. Julius Frederick “Lemmie” Arndt (41) en Johannes Christiaan (37) tereg op twee klagte van moord, huisbraak met die opset om te roof en roof, asook die diefstal van die egpaar se bakkie en ’n vuurwapen.

Christiaan is in Maart 2019 op borgtog vrygelaat op die voorwaarde dat hy elke dag by ’n polisiekantoor moet rapporteer.

Sy regsverteenwoordiger het gister in die hoërhof aansoek gedoen dat dié voorwaarde tot een keer per week gewysig word.

Die staatsaanklaer, mnr. Marthino Olivier, het aangevoer dat die aansoek nie op die korrekte wyse by die hof ingedien is nie.

Volgens Olivier moet die aansoek vroegtydig en skriftelik ingedien word om vir ontleding geleentheid te gee.

Regter Dinnah Usiku het Olivier gelyk gegee en gesê die aansoek sal nie sonder ’n skriftelike kennisgewing oorweeg word nie.

Christiaan se borgtogvoorwaardes bly onveranderd. Arndt en Afrikander bly in aanhouding.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!