Bothma geskors tot middel Maart

08 February 2019 | Sport
Die Londense rugbyklub Harlequins se Namibiese agtsteman Renaldo Bothma is vir vier weke geskors nadat hy ’n opponent met die arm getref het.

Bothma is in die 28ste minuut van die span se Engelse premierliga-tuiswedstryd op 25 Januarie teen Saracens deur skeidsregter Wayne Barnes van die veld gestuur.

Dit was onmiddellik nadat die agtsteman naby die middellyn as baldraer sy voorarm uitgesteek en Saracens se senter Dominic Morris onder die kennebak getref het.

By sy tugverhoor Woensdagaand is gelas dat die voormalige Namibiese toetskaptein weer op 12 Maart na die speelveld mag terugkeer.

“Die speler het sonder enige verwyl skuld op die klag teen hom erken, dat hy met die kop van ’n teenstander kontak gemaak het,” het die dissiplinêre paneel se voorsitter, Philip Evans QC, agterna gesê.

“Die verpligte beginpunt van ’n straf vir só ’n middelvlak oortreding is gevolglik toegepas.

“Vanweë die speler se dissiplinêre rekord was hy nie op volle versagtende omstandighede geregtig nie, maar twee weke is van sy skorsing afgetrek as krediet vir sy pleit van skuldig, sy onmiddellike verskoning op die veld en die berou wat hy getoon het.”

Bothma is in sy tweede seisoen met die Londense klub. Hoewel hy aan die einde van 2016 vanaf die Superrugby-span die Bulls aangesluit het, het hy vanweë beserings eers in Desember 2017 sy debuut vir Harlequins gemaak.

Ná 12 wedstryde elk klou Harlequins tans aan sy derde plek op die puntelys van die Engelse premierliga (33 punte), ná Exeter Chiefs (51) en Saracens (47). – BBC.com

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

6th of August 15:56 | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

15 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

15 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

15 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

15 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

15 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...