Bothma bekoor met sy grootkatboeke

Sanet de Waal
Francoise Steynberg - Prof. J.du P. (Kobus) Bothma, pionier van luiperdnavorsing in die Kgalagadi-oorgrenspark en skrywer van die boek Written in the Sand, se jongste boek, Of Silk and Sand, is op Namibiese boekwinkelrakke.

Bothma het verlede jaar in Namibië kom kuier toe hy Written in the Sand in Windhoek kom bekend stel het.

Hy het ook op sy ou navorsingspore saam met legendes in Namibiese bewaringskringe Garth Owen-Smith en Margaret Jacobsohn in die Kunenestreek geloop. Bothma het as jong natuurbewaarder in die voormalige Damaraland en Kaokoland gewerk

Namibiërs Heiko en Anja Denker het hom ook op die reis vergesel en Bothma bedank hulle vir hul vriendskap in Of Silk and Sand. Anja, 'n kranige natuurfotograaf, se foto's pryk op die voorblad.

Beide boeke handel oor Bothma se navorsing oor leeus en luiperds. As jy dus 'n grootkatliefhebber is, gaan jy Bothma se boeke verslind.

Soos wat Namibië se dr. Philip Stander met die Namibwoestyn se woestynaangepaste leeus vereenselwig word, so word Bothma in een asem met die Kalahariwoestyn se luiperds genoem.

Bothma volg luiperds se spore in die Kalahari al sedert 1976 met die hulp van San-spoorsnyers.

Hy het as jong Tukkie-student vir prof. Fritz Eloff, van die Universiteit van Pretoria, na die Kalahari gevolg waar hy Kalahari-leeus bestudeer het. Eloff het Bothma se mentor geword.

Van 1970 af het hy eers Eloff in sy leeunavorsing ondersteun voor hy in 1976 self navorsing oor luiperds begin doen het. Bothma het sy meestersgraad in 1964 verwerf en sy doktorsgraad in 1969 aan ’n Amerikaanse universiteit in Texas.

Of Silk and Sand handel juis oor die oorsprong, lewe en tye van die leeu en die luiperd met 'n tikkie filosofie daarby.

Die boek is die eindproduk van jare se studies deur Bothma en beskryf die grootkatte se reis deur die tye.

"Ek probeer 'n glimps gee van die rol van die leeu en die luiperd in die geheimenisse van Afrika se natuurlewe," sê Bothma.

"Dit is gebaseer op die filosofie dat in ons reis op aarde, is daar sommige mense wat sonder leeus en luiperds kan leef, maar sommige wat nie kan nie."

Die boek is juis opgedra aan diegene wat nie sonder leeus en luiperds kan leef nie.

Die interessantste van Of Silk and Sand is Bothma se veldnotas oor die Kalahari-leeus en luiperds met sy vele staaltjies.

Bothma woon op George in die Wes-Kaap waar hy afgetree het.

Of Silk and Sand en Written in the Sand is by Book Den, Namibia Book Market en die Namibiese Wetenskaplike Vereniging in Windhoek beskikbaar, asook by Swakopmunder Buchhandlung en Die Muschel op Swakopmund.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!