Bosbenutting: Protes bloot 'gebrek aan begrip'

Plaaslike burgerorganisasies kap terug

08 March 2021 | Omgewing
Elvira Hattingh



Verskeie Namibiese burgerlike organisasies onder leiding van die Namibië Natuurstigting (NNF) het hul stem dik gemaak ter ondersteu­ning van die moontlike gebruik van Namibiese indringerbos vir kragopwekking in Duitsland.

Dit is hangende 'n haalbaarheid­studie wat nog hieroor aan die gang is.

In 'n mediaverklaring Woensdag wat deur talle plaaslike organisasies onderteken is, sê die NNF die “meer as 'n dosyn burgerlike organisasies en wetenskaplikes” wat verlede jaar hieroor 'n ope protesbrief aan Duitsland se owerhede geskryf het, se teenkanting spruit uit onkunde.

“Wat uit die protesbrief duidelik is, is 'n gebrek aan begrip van Namibië se dorre ekostelsel en die kwessie van verbossing, wat wesenlik verskil van die gevolge wanneer biomassa in Europese lande gebruik word,” skryf die NNF.

Dit volg nadat oorsese drukgroepe in Oktober 2020 hul afkeur teenoor Duitsland se federale minister vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling, dr. Gerd Müller, uitgespreek het oor 'n haalbaarheidstudie wat gedoen word om te sien of Namibiese biomassa in Hamburg, Duitsland, benut kan word.

Die Europese land oorweeg ver­skeie opsies om nie langer steenkool vir energie-opwekking te gebruik nie.

Earthlife Namibia was een van dié organisasies wat toe gesê het so 'n ooreenkoms sal nie “klimaatsvriendelik” of “maatskaplik regverdig” wees nie.

Onder die 12 plaaslike burgerlike organisasies wat tans saam met die NNF staan, tel die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), die Namibiese Vereniging vir die Omgewing en Wildlewe (News), die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), die Namibië Biomassa-nywerheidsgroep (N-BiG), die Namibië Landbou-unie (NLU), die Cheetah Conservation Fund en N/a'an ku sê.

In 'n brief van sowat ses bladsye, verduidelik die NNF tussen 45 en 60 miljoen hektaar is in Namibië verbos, wat biodiversiteit, grond, die beskikbaarheid van water en mense se lewensbestaan negatief beïnvloed.

Die NNF verduidelik bosuitdunning kan help om volhoubaarheid te verbeter. Voordele sluit in om die agteruitgang van grond te keer, die verbetering van biodiversiteit en veerkragtigheid teenoor ­klimaatsverandering, asook die vooruitgang van die plaaslike veebedryf.

Hulle verduidelik dat die plaaslike biomassa-bedryf in sy kinder­skoene staan en die plaaslike vraag daarna ver ontoereikend is om die hoeveelheid bos te benut wat nodig sal wees om die agteruitgang van grond te keer en doelwitte vir biodiversiteit te bereik.

Die ontwikkeling van nuwe waardekettings met streng standaarde vir volhoubaarheid – soos vereis deur Europese markte – is 'n waardevolle geleentheid om die sektor te help om 'n positiewe invloed op die omgewing te hê.

Die NNF verduidelik ­Namibiese bos word hoofsaaklik vir hout­skool benut en meer waardekettings sal tot groter werkskepping lei.

Boonop sal NamPower ook binne die volgende jaar 'n kragaanleg bou wat biomassa sal benut, maar steeds is verbossing 'n té groot probleem en sal hierdie bedrywe slegs 'n geringe verskil maak. 

– [email protected]

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

5 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

5 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

6 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

8 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

12 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

23 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

23 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...