Borgtogaansoek van gewese Fishcor-baas misluk
Borgtogaansoek van gewese Fishcor-baas misluk

Borgtogaansoek van gewese Fishcor-baas misluk

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die geskorste hoof uitvoerende beampte van Fishcor, mnr. Mike Nghipunya (foto), se aansoek om borgtog het misluk.
Adjunk-hooflanddros Ingrid Unengu het vroeër vandag in haar uitspraak in die Windhoek landdroshof gesê die saak waarin Nghipunya en sy medebeskuldigdes, onder wie die voormalige ministers van justisie en van visserye en mariene hulpbronne, mnre. Sacky Shanghula en Bernhard Esau, van grootskaalse korrupsie met viskwota’s beskuldig word, is ‘n eerste vir Namibië.
Sy het daarop gewys miljoene Namibiese dollar was by die vermeende korrupsie betrokke wat na bewering deur “prominente openbare figure, insluitende voormalige ministers en korporatiewe leiers” soos Nghipunya gepleeg is.
“Dit sal in die belang van geregtigheid wees vir die saak om in ‘n bevoegde hof beslis te word,” het Unengu gesê.
Sy het bevind dit is nie in belang van geregtigheid om Nghipunya op borgtog vry te laat nie, en bygevoeg hy is nie ‘n geskikte kandidaat daarvoor nie.
Die ander beskuldigdes is mnre. James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson 'Fitty' Hatuikulipi and Pius 'Taxa' Mwatelulo. Gustavo het ook vroeër formeel om borgtog aansoek gedoen. Sy aansoek is eweneens van die hand gewys.

Foto: Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!