Borgtog vir vermeende smokkelaars van ivoor

Twee mans wat by 'n padblokkade met stukkies olifanttande betrap is, se saak is na die aanklaer-generaal verwys.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Twee Chinese mans wat in ­Desember met ivoor by die padblokkade op pad na die ­Internasionale Lughawe Hosea Kutako betrap is, is op 24 Februarie op borgtog van N$20 000 elk vrygelaat.

Die twee Chinese, mnre. Xue Xinxi (47) en Ruhe Zhang (60), staan in Windhoek se landdroshof tereg op klagte van die onwettige besit en uitvoer van beheerde wildprodukte.

Landdros Vanessa Stanley het die saak na 17 Maart uitgestel vir 'n ­beslissing deur die aanklaer-generaal.

Albei beskuldigdes se borgtogvoorwaardes behels dat hulle elke Maandag tussen 07:00 en 13:00 by die polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne moet aanmeld.

Hulle mag ook nie die distrik van Windhoek sonder die toestemming van die ondersoekbeampte verlaat nie.

Die beskuldiges het glo probeer om ivoor in koffieblikke uit die land te smokkel.

Hulle is op 7 Desember by die padblokkade by Kapps Farm op pad na Hosea Kutako in hegtenis geneem, vanwaar hulle 'n vlug na China sou haal.

Die polisie by die padblokkade het glo snuf in die neus gekry toe hulle die koffieblikke sien.

Die olifanttande is in klein stukkies opgesny, in plastieksakke toegedraai en in die koffieblikke versteek.

Koffiepoeier is bo-oor gestrooi.

Tydens die Chinese se eerste verskyning op 16 Desember het hul regsverteenwoordiger gevra dat hulle op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat word.

Die staatsaanklaer het toe borgtog ten sterkste teengestaan weens die ernstige aard van die oortreding en omdat hulle buitelanders is.

Een van die beskuldigdes sou die land permanent verlaat.

Hulle was in aanhouding in die ­Windhoek-gevangenis. Mnr. Mbushandje Ntinda verskyn vir Xue en Ruhe en mnr. Joseph Andreas vir die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!