Borgtog toegestaan nu00e1 beweerde padwoedemoord
Borgtog toegestaan nu00e1 beweerde padwoedemoord

Borgtog toegestaan ná beweerde padwoedemoord

Maria Eiseb
Borgtog van N$15 000 is gistermiddag in die Windhoek-landdroshof in Katutura aan die hoë amptenaar in die ministerie van binnelandse sake en immigrasie toegestaan wat 'n jong Windhoeker na bewering tydens 'n padwoedevoorval twee keer in die kop geskiet het.

Mnr. Likius Valombola (53), kommissaris van vlugtelinge in dié ministerie, staan tereg op moord nadat hy mnr. Helao Ndjaba (25) na bewering op 19 Mei in die Ombili-woonbuurt geskiet het.

Valombola is op 20 Mei op Opuwo in hegtenis geneem waar hy vir werksverpligtinge was.

Hy is daarna vrygelaat, maar is later weer in hegtenis geneem.

Hy het Maandag 'n formele aansoek om borgtog ingedien. Ndjaba is dieselfde dag in die Katutura-staatshospitaal dood waar hy sedert die skietvoorval in die intensiewesorgeenheid op lewensondersteunende masjiene was. Die klag van poging tot moord is toe na een van moord verander.

Die hofsaal was vandeesweek gepak en 'n vreedsame optog is ook deur lede van die publiek gehou om teen sy vrylating op borgtog beswaar te maak.

Njaba se familie en vriende het gistermiddag buite die hofsaal hul teleurstelling uitgespreek met die hof se besluit om borgtog toe te staan.

Volgens die broer van die oorledene, mnr. Leopoldt Nghiluamo, is dit nie reg dat Valombola op borgtog vrygelaat is nie.

“Die staat het ons gefaal en die aanklaer het ook nie sy werk gedoen nie,” het hy gesê.

Nghiluamo het voorts gesê hulle het iemand nodig om hulle te verteenwoordig, geld is nie alles nie en die mense wat nie welaf is nie, kry baie swaar.

“Kon die hof nie gewag het tot ons ten minste ons broer begrawe het voor hulle vir Valombola op borgtog vrygelaat het nie?” het hy gesê.

Me. Veronica Frans, ook ’n vriendin van die Ndjabas, sê die uitspraak was nie regverdig nie.

“Ons huil steeds en hulle (Valombola se familie) is bly dat hy borgtog gekry het.”

Mnr. Jason Shivute was ook ontevrede oor hoe die saak hanteer is.

"Die mense wat ons moet verteenwoordig, het min insette in die saak gehad," meen hy.

“Ek hoop die regering neem die besit van vuurwapens baie ernstig op, want dit ruk handuit en dit is nie meer veilig in Namibië nie,” het hy gesê.

Die staatsaanklaer, mnr. Arie Husselmann, het beswaar gemaak teen Valombola se aansoek om borgtog en aangevoer hy kan vlug na sy familie in die buiteland. Hy het die erns van die misdaad beklemtoon en gesê die staat het 'n sterk saak teen Valombola en dat dit daarom nie in die openbare belang is om hom vry te laat nie.

Landdros Antonius Shapumba het in sy uitspraak gesê volgens getuienis het Valombola nie kontak met sy familie wat in die buiteland woon nie en dat hy ook nooit weer na Kuba teruggekeer het waar hy tydens die vryheidstryd skoolgegaan het nie.

Verder het hy ses kinders, hy het aangedui dat hy berou het oor die voorval en hy het sy samewerking aan die polisie verleen, het Shapumba gesê.

Hy het ook daarop gewys Valombola is voornemens om skuldig te pleit wanneer hy verhoor word.

Die getuienis voor die hof was dat Valombola die betrokke aand saam met sy vrou en seun, wat bestuur het, na 'n familie op pad was toe 'n voertuig met vier insittendes die pad versper het. Dié voertuig het glo stilgestaan en die deure was oop.

Hy het getuig hy het uitgeklim en hulle gevra waarom hulle die pad versper. Hy ontken dat hy sy vuurwapen in sy hand gehad het toe hy uitgeklim het en voer aan hulle het sy motor genader en aan die deur gepluk ná hy reeds teruggeklim het.

Hy het getuig hy het toe besluit om twee waarskuwingskote te skiet. Een skoot is afgevuur toe sy seun reeds besig was om vinnig weg te trek.

Op 'n vraag waarom hy nie die voorval by die polisie aangemeld het nie, het Valombola gesê hy was van plan om dit die volgende dag te doen.

Dit was ook sy getuienis dat hy nie geweet het een van die jong mans is op die toneel raakgeskiet nie.

Valombola het die hof ook meegedeel dat hy vanweë sy "sensitiwiteit en menslikheid vir die oorledene gebid het".

Die staat het aangevoer sy seun het hom probeer kalmeer en dit was hy wat hom teruggedwing het na hul motor toe toe Valombola uitgeklim het om die mans, vuurwapen in die hand, in die stilstaande voertuig te konfronteer.

Die staat voer ook aan hy het geen rede gehad om waarskuwingskote af te vuur nie, aangesien hy en sy familie se lewe nie in gevaar was nie.

Shapumba het egter gesê die hof aanvaar Valombola se weergawe van die gebeure en dat dit redelik moontlik waar is.

Hy moet weer op 31 Julie in die hof verskyn.

Mnr. Sisa Namandje het Valombola verteenwoordig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.57 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1146 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.04 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.56/OZ DOWN -0.0039 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 2 730.10/T DOWN -2.38% | Brent Crude Oil US$ 90.00/BBP DOWN -0.0081 | Platinum US$ 967.78/OZ DOWN -0.0046 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton | Arsenal 0 vs 2 Aston Villa | West Ham 0 vs 2 Fulham | Liverpool 0 vs 1 Crystal Palace | Bournemouth 2 vs 2 Manchester United | Manchester City 5 vs 1 Luton Town | Brentford 2 vs 0 Sheffield United | Burnley 1 vs 1 Brighton | Nottingham Forest 2 vs 2 Wolves | Newcastle 4 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia | Real Sociedad 2 vs 2 Almería | Athletic Club 1 vs 1 Villarreal | Granada 2 vs 0 Deportivo Alaves | Las Palmas 0 vs 2 Sevilla | Cadiz 0 vs 1 Barcelona | Mallorca 0 vs 1 Real Madrid | Rayo Vallecano 0 vs 0 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa | Inter Milan 2 vs 2 Cagliari | Udinese 1 vs 1 AS Roma | Sassuolo 3 vs 3 AC Milan | Napoli 2 vs 2 Frosinone | Bologna 0 vs 0 Monza | Torino 0 vs 0 Juventus | Lecce 1 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 1 Norwich City | Bristol City 1 vs 1 Huddersfield Town | Swansea City 1 vs 0 Rotherham United | Hull City 3 vs 0 Queens Park Rangers | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Stoke City | West Bromwich Albion 0 vs 1 Sunderland | Southampton 3 vs 2 Watford | Birmingham City 3 vs 0 Coventry City | Ipswich Town 1 vs 1 Middlesbrough | Millwall FC 3 vs 1 Cardiff City | Leeds United 0 vs 1 Blackburn Rovers Weather: Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 19° | 32° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 15° | 33° Windhoek: 13° | 29° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:10, High tide: 10:17, Low Tide: 16:39, High tide: 23:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 04:08, High tide: 10:15, Low Tide: 16:37, High tide: 23:25 Walvis Bay: 14° | 25° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:08, High tide: 10:14, Low Tide: 16:37, High tide: 23:24 Rehoboth: 13° | 31° Mariental: 14° | 30° Keetmanshoop: 16° | 30° Aranos: 16° | 32° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 15° | 23° Lubumbashi: 15° | 25° Mbabane: 13° | 20° Maseru: 11° | 17° Antananarivo: 14° | 18° Lilongwe: 15° | 25° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 13° | 29° Cape Town: 18° | 25° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 13° | 21° Dar es Salaam: 23° | 25° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.64 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.65 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.57 | USD to AOA 832.82 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1146 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.04 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74518.63 Down -1.05% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1551.69 Down -0.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13372.72 Up +0.24% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29616.47 Up +3.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.56/OZ DOWN -0.0039 | Copper US$ 4.29/lb DOWN -0.0127 | Zinc US$ 2 730.10/T DOWN -2.38% | Brent Crude Oil US$ 90.00/BBP DOWN -0.0081 | Platinum US$ 967.78/OZ DOWN -0.0046