Bordjies verhang in Duitse verkiesing
Bordjies verhang in Duitse verkiesing

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

Dani Booysen
Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.
Dit beteken egter nie mnr. Olaf Scholz sal noodwendig die kanselierskap by me. Angela Merkel oorneem nie. Sy teenstander, mnr. Armin Laschet, kan ook deur middel van koalisies ‘n regering vorm.
Beide wil voor Kersfees landsake uit die blokke kry.
Die regerende alliansie tussen die Christen-demokrate en Christen-sosialiste het 24,1% van stemme ontvang.
Die SPD het 5,2% meer stemme op hom verenig as vier jaar gelede, terwyl ondersteuning vir die CDU/CSU met 8,9% getuimel het. Dit is die party se swakste vertoning in 70 jaar.
Die Groen Party het derde gekom met 14,8% van stemme, gevolg deur die Vrye Demokratiese Party (FDP) met 11,5% en die regse Alternative für Deutschland met 10,3%. Die Linke, ‘n linkse groepering, het 4,9% van stemme ontvang.
Ontleders verwag politieke onstuimigheid in Europa se grootste ekonomie.
Nampa/Xinhua/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!