Bome tuimel steeds

In die noordoostelike streke word geskarrel voor die sperdatum vir die opskorting van houtvervoer- en uitvoerpermitte.
Catherine Sasman
CATHERINE SASMAN – Hy oes nié hout nie.

So sê die Chinese burger mnr. Hou (Josy) Xuecheng wat weer eens ontken het hy gaan voort met dié aktiwiteite in die Kavango-Oosstreek.

Mense na aan sy bedryf beweer egter Hou se maatskappy, New Force Logistics CC, kap steeds bome af vir uitvoer deur die Walvisbaai-hawe.

“Ek is hoofsaaklik in die vervoerbedryf,” het Hou volgehou.

“Tot dusver het niemand [sedert ‘n moratorium daarop geplaas is] bome geoes nie. Die polisie en die bosboudepartement doen elke dag patrollies en die nuutgekapte hout, dit is duidelik, sal gekonfiskeer en beboet (sic) word.”

Nietemin was daar tydens ‘n onlangse besoek aan die Rundu-omgewing, waar Hou en ander glo steeds bome afkap, ‘n geskarrel voordat vervoer- en uitvoerpermitte op 31 Maart verval.

Tussen die Mururani- veterinêre hek en Rundu is houtstompe op talle trokke langs die B8-pad gelaai.

Ná die opskorting van lisensies vir die oes van hout op 26 November verlede jaar is alle permitte – ingesluit dié vir vervoer en uitvoer – gekanselleer. Volgens die ministerie van landbou, water en bosbou is geen nuwe permitte uitgereik nie.

Op 6 Februarie het dié ministerie egter aangekondig die ministerie van die omgewing en toerisme het toestemming gegee vir die opheffing van die moratorium op die vervoer van hout wat voor 26 November in die streke Kavango-Oos en –Wes, asook Zambezi gekap is.

Die uitreiking van vervoer- en uitvoerpermitte vir dié hout is op 8 Februarie hervat en sal tot 31 Maart duur. Die landbouministerie het tot dusver nie redes gegee vir die heruitreiking van dié permitte vir hout wat onwettig geoes is nie, aangesien al die bome - buiten in twee gevalle - sonder omgewingsklaringsertifikate afgekap is.

DRUK BESIG

Handel in stadig groeiende hardehoutbome, wat ingevolge Namibiese wetgewing beskerm word, duur met koorsagtige haas voort, terwyl daar nog geleentheid vir vervoer en uitvoer is.

Noord van die Mururani-hek en elders is die bedrywighede duidelik.

Oor die naweek van 16 en 17 Maart, sowat 32 kilometer van die hek en by die afdraai na die Rooidag-hek, het ‘n reusehoop hout gelê, gemerk met die letters ‘OPO’ en vermoedelik gereed vir oplaai.

Tien kilometer verder het ‘n vragmotor van New Force Logistics CC gestaan – vol hout gelaai. ‘n Paar houtstompe het onder ‘n boom gelê, waarskynlik omdat die trok reeds stampvol was.

‘n Entjie verder het ‘n groep mans om ‘n klein sedanvoertuig gestaan. Die groot hoop planke langs hulle is volgens die mans “uit die bosse gehaal” om plaaslik te verkoop.

Sowat 15 kilometer van daar het nog ‘n groep mans hout op ‘n onbekende vragmotor gelaai. Hulle was omgekrap toe hulle afgeneem is.

Vroegaand het vragmotors vol gelaai met hout buite Rundu in ‘n ry gestaan, moontlik om te wag vir die donker. Dit is die beste tyd om hout na Walvisbaai of “reguit Suid-Afrika toe” te vervoer, volgens ‘n beampte van die department veeartsenydienste wat by die Rooidag-hek in die Tsumkwe-Wes-gebied werk.

Teen die naweek was die gebied in die Ncaute-gemeenskapswoud langs die D3401-pad tussen Ncaute en Taratara ‘n miernes van bedrywighede.

Van Ncaute af was die eerste sigbare aktiwiteite by Hou se “kamp” – ‘n nie-omheinde gebied langs die hoof- grondpad. Daar is hout vir vervoer verwerk. Aan die een kant het ‘n groot hoop vars boomstompe gelê; aan die ander kant is gesnyde stompe in hope gepak.

Mans was druk besig in die gebied met ’n groot laaigraaf, kettingsae, ‘n vurkhyser en minstens vyf groot, geel lorries. Een van die vragmotors het weggery in die rigting van die Taratara-gebied. Hier duur die oes van hout glo in die digte woud langs die grondpaaie voort. Paaie wat onbegaanbaar raak weens die swaarvoertuigverkeer.

Ondanks bewyse dat voorraadstapels sedert die November-moratorium nie kleiner word nie, is Hou onwrikbaar: “Namibia se bosbouministerie word streng gereguleer. Konfiskering, boete. Niemand oortree die wet nie.

“Ons gebruik óns masjinerie en toerusting om húl hout te koop. As hulle meen die prys is te hoog, kan hulle ‘n beter koper soek.”

Sy raad is: “Verstandige houtkap en streng regulasies - dit is wat die regering moet doen. Openbare mening kan nie die wet vervang nie en ook nie armes se lewenspeil verbeter nie.”

Hou dring aan hy “ondersteun” bloot Namibiese kleinskaalboere. “Ek het baie in saagmasjiene belê vir dié diens, dus is dit makliker om hulle te help om die verkooppryse te verhoog.”

Verder aan op die D3401 by die Vikota-nedersetting het ‘n Namibiër hout gelaai vir ‘n Chinese kliënt, ene Mr Fong. Dié woon glo in Rundu se Rainbow Village, maar kon nie opgespoor word nie. Die Namibiese houtkapper, mnr. Tony Vimbala, het erken hy het tot Januarie vanjaar nog bome geoes.

Die mees gebruikte pad uit Kavango-Oos is deur die Mururani-hek. Tog verkies sommige karweiers, soos die een waarop Vimbala gelaai het, ‘n ompad verby Tsintsabis en via Tsumeb na Walvisbaai.

ROOIDAG

By die Rooidag-hek het die veterinêre beampte mnr. Romanus Nyangana gesê baie van die houtlorries wat deur die Tsumkwe-Wes-gebied ry, kom van plase langs die grens van Kavango-Oos.

Nyangana het gesê dit slaan hom dronk dat die meeste vervoerpermitte vir bome geoes in die Rundu-gebied deur die department bosbou se kantoor op Katima Mulilo uitgereik is.

Ondanks Hou se ontkenning hiervan, het Nyangana gesê “sommige Chinese” oes bome.

Volgens hom word lorries wat deur die Rooidag-hek ry, deursoek vir verbode wildprodukte soos oliffanttande, renosterhorings en velle.

In Tsumkwe-Wes word net kameeldoringbome afgekap – en dalk onvolhoubaar – vir plaaslike heinings, het hy gesê.

Doeane en aksyns van die ministerie van finansies het nog nie statistiek verskaf oor die getal houtlorries wat onlangs die grens van Katwitwi af oorgesteek het nie. Tog was die meeste vragmotors op die pad tussen die noordelike streke van Namibië.

Boomkenners, wat verkies om nie hul name te noem nie, sê die stof moet eers gaan lê voordat ‘n behoorlike berekening van die houtkappery in Kavango-Oos en –Wes, asook Zambezi gedoen kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.44 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1160.71 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.42/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.72% | Zinc US$ 2 836.40/T UP 0.55% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 939.20/OZ DOWN -0.0008 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.31 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.44 | USD to KES 132.48 | USD to NGN 1160.71 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 25.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 379.42/OZ UP +0.48% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.72% | Zinc US$ 2 836.40/T UP 0.55% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0117 | Platinum US$ 939.20/OZ DOWN -0.0008