Boksklub sal hulp waardeer
Boks
Andrew Poolman - Die boksklub 21 Brigade gaan van krag tot krag, hoewel hy op soek is na 'n goedgunstige borg wat vernuwing in sy oefenfasiliteite kan bring.
Die klub is in 2006 op die been gebring en was aanvanklik net toeganklik vir lede van die Namibiese weermag, wie se oefenplek by die Suiderhof-basis was.
Mettertyd is die klub egter ook vir lede uit die burgerlike gemeenskap oopgestel en sodoende het hul oefenfasiliteit gou te beknop geraak om almal te hanteer.
Die 21 Brigade-vegters oefen dus sedert September laas jaar by die UN Plaza in Katutura.
“Ons klub het tans 12 geregistreerde beroepsboksers en omtrent 50 jeugdige amateurs. Ons het tans een nasionale kampioen, naamlik Charles Shinima (die superweltergewig wat vroeër vanjaar die vakante titel met 'n vroeë uitklophou teen Ebenestus Kaangundue ingepalm het).”
Só vertel Risto (Pacman) Ashikoto, wat as administrateur en ontwikkelingsafrigter een van die manne agter die skerms is.
Die klub se hoofbestuurder Eddie Mandongo en hoofafrigter Lungameni Ipundja is van die ander sleutelfigure.
“Die fasiliteit in Katutura is egter nie in 'n goeie toestand nie en benodig opknappingswerk. Onder meer die beligting het aandag nodig. Ons het 'n paar maatskappye in die oog met wie ons hieroor wil onderhandel, maar potensiële belangstellende borge is welkom om my te skakel (081 466 6776),” sê Ashikoto.
Volgens hom het die voormalige WBO Afrika junior swaargewigkampioen Vikapita Meroro hom ook onlangs by die klub aangesluit. Die “Beastmaster” en sy promotor is glo op die uitkyk om sy volgende geveg iewers oorsee vas te knoop.
“Ons beplan 'n paar plaaslike toernooie om ons vegters bloot te stel. Nog 'n opwindende moontlikheid is dat twee van ons beroepsvegter dalk 'n kans gaan kry om in Indië te gaan veg. Ons wag net om die voorgenome kontrak van die promotors te ontvang, voordat ons 'n amptelike aankondiging hieroor sal maak,” sê Ashikoto.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie