Bokser in hof oor ongeluk
Tanja Bause - Die Namibiese bokser Willberforce Shihepo (34) is gister in die landdroshof op Okahandja borgtog geweier nadat hy Saterdag glo in 'n gru-ongeluk betrokke was wat die lewe van twee mense geëis het.
Shihepo het verskyn op aanklagte van strafbare manslag, versuiming om die aard en omvang van beserings ná die ongeluk te bepaal; hulp aan die beseerde persone te verleen; die aard van die skade ná die ongeluk vas te stel, asook die bestuur van ‘n onpadwaardige voertuig.
Die klagte is teen hom aanhangig gemaak nadat hy Saterdag omstreeks 20:20 tussen Windhoek en Okahandja van agter af in ’n ander voertuig vasgery het en van die ongelukstoneel af gevlug het. Beide die voertuie was van Okahandja na Windhoek op pad toe die ongeluk 30 km buite Okahandja gebeur het.
Mnr. Likius Petrus (54) en die sesjarige Toivo Linda Teopoline Nghipuyoonda is in die ongeluk oorlede. Reddingswerkers op die toneel moes meganiese toerusting gebruik om die oorledenes uit die wrak uit te sny.
Die 34-jarige Shihepo was in ’n stadium een van die land se mees vooraanstaande boksers. Hy het in September vanjaar sy laaste geveg gewen, maar sy loopbaan, waarin hy tevore die WBO se Afrika-titels as middelgewig en supermiddelgewig gehou het, staan waarskynlik einde se kant toe. Sy beroepsrekord staan op 24 gewen en nege verloor.
Shihepo sal weer op 27 November in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie