Bokser bly in aanhouding
Die sportloopbaan van die bokser Jonas Junias Jonas is in gedrang nadat hy aangekla is van poging tot moord en die besering van ’n polisiebeampte.
Erwin Leuschner – Die Namibiese bokser Jonas Junias Jonas (27) is Vrydag in die vroeë oggendure in Mondesa op Swakopmund in hegtenis geneem ná hy na bewering 'n polisieman aangerand en dit kort daarna aan die lig gekom het hy het vroeër die aand 'n ander man met 'n mes op die kop gesteek.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het ’n polisiebeampte hom om 00:30 weens ’n oortreding van Covid-19-maatreëls gekonfronteer. Jonas het die aandklokreël verbreek en was saam met ander mense ná hoktyd op straat gewees.
’n Woordewisseling het glo tussen die polisiebeampte en Jonas ontstaan en Jonas het hom glo met die vuis geslaan. Die polisieman is beseer, waarna Jonas in hegtenis geneem is. Volgens Iikuyu het die polisie na die in hegtenisneming van ’n ander voorval bewus geword waarin hy na bewering ook iemand aangerand het.
“Ons is deur die hospitaal in kennis gestel dat Jonas kort vantevore ’n persoon met 'n mes gesteek het,” het Iikuyu gesê.
Daar was glo ’n bakleiery op straat gewees waaroor Iikuyu nie meer inligting kon gee nie. Volgens ’n ooggetuie het die bokser glo ’n ander man met ’n mes op die kop gesteek.
“Die slagoffer is in ’n kritieke toestand na die Katutura hospitaal oorgeplaas,” het Iikuyu gesê.
Jonas was gister in die landdroshof in Swakopmund. Hy is aangekla van poging tot moord en die aanranding van ’n polisiebeampte.
Staatsaanklaer Beata Mwahi het borgtog teengestaan.
“Die klagtes kan nog verander aangesien die slagoffer tans kritiek in die intensiewesorgeenheid lê,” het sy gesê.
Die saak is tot 5 Mei vir ’n formele borgaansoek uitgestel. Jonas is deur die prokureur me. Lila Neshuku verteenwoordig.
Jonas bly tot die volgende hofdatum in aanhouding en sal dus die geskeduleerde professionele debuut teen Dominikus Weyulu op 1 Mei in Windhoek verpas. Hy het onlangs uit die Oekraïne teruggekeer waar hy in die 63 kg-kategorie van die internasionale Manager Memorial-toernooi goud gewen het. Hy het ook vir die Olimpiese Spele in Tokio in Japan gekwalifiseer nadat hy in Maart 2020 by die Afrika-spele goud gewen en gekwalifiseer het. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie