Bokomo wen vetkoek-geveg
Die hoërhof meen niemand het besitreg op ’n spesifieke kleur verpakking nie en daar is meer verskille as ooreenkomste tussen die twee produkte.
Elvira Hattingh - Namib Mills en Bokomo se verpakking van hul onderskeie meelprodukte verskil genoeg dat mense nie mislei of verwar sal word nie.
Só het die hoërhof in Windhoek verlede week beslis.
Adjunk-regter-president Hosea Angula het NamibMills se aansoek in sy uitspraak met koste van die hand gewys.
Angula het bevind NamibMills kon nie bewys Bokomo het die bedryfseiendomswet se konsep van “eerlike praktyke” oortree nie en daar is genoeg beduidende verskille tussen die twee maatskappye se verpakking dat dit van mekaar onderskei kan word.
Daar is meer verskille as ooreenkomste, het die regter gesê.
Dit volg ná NamibMills in 2018 ’n dringende aansoek vir ’n interdik teen Bokomo gebring het wat sou verhoed dat laasgenoemde hul vetkoekdeeg met ’n sekere verpakking verkoop.
Later is die aansoek uitgebrei om ook Bokomo se koekmeel, witbroodmeel en bruinbroodmeel in te sluit, wat glo te veel soos dié van NamibMills se Bakpro-verpakkings lyk.
Die aansoekers het gemeen kopers kan ’n verband met NamibMills aflei, of dat die betrokke produkte aan NamibMills behoort.
Bokomo het egter ’n markopname deur Vision Africa as bewysstuk by die hof ingedien, waarin bevind is die verpakking verwar of mislei nie kliënte nie.
Die maatskappy het ook gesê hy het reeds in 2017 die strategiese besluit geneem om sy meelprodukte in fases te verander, waarvan die eerste stap behels het dat ’n nuwe kenteken ontwerp moes word om handelsmerk-lojaliteit te skep, asook dat sy meelproduktereeks nuwe handelsmerke moes kry.
’n Kenner van verpakking- en advertensiewese het in ’n beëidigde verklaring verduidelik dat sekere bestanddele met sekere kleure geassosieer word.
Sy meen Bokomo se kleure is gekies om aan internasionale kosverpakkingstandaarde te voldoen. Vetvrye melk word byvoorbeeld in groen gekommunikeer, laevet melk in rooi en volroom melk in blou, het me. Angela Deary gesê.
Die regter het gesê niemand het besitreg op ’n gegewe kleur nie.
Derdens het NamibMills besluit om ook vetkoekmeel te begin verkoop omdat dit besig was om markaandeel met sy witbroodmeel teenoor NamibMills se vetkoekmeel te verloor.
Een van die redes hiervoor was omdat NamibMills se vetkoekmeel goedkoper was en verkopers gemeen het dit is uniek, hoewel dit eintlik ook net witbroodmeel is.
Namib Mills het sy vetkoekprodukte in Januarie 2018 op Namibiese rakke begin plaas met die verpakking wat ’n geel band het aan die onderkant en sy kenteken boaan.
Dienooreenkomstig het Bokomo Namibia in Augustus 2018 hul eie vetkoekmeel begin verkoop – ook met ’n geel band.
NamibMills is Namibië se grootste graanverwerker en sy meulens is die leier op die gebied van mieliemeel- en pastameelverkope.
Bokomo is sy direkte mededinger in die plaaslike mark.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie