Boervrou verbrand: twee skuldig
Boervrou verbrand: twee skuldig

Boervrou verbrand: twee skuldig

Die gemeenskap, Botswana se leër en selfs pres. Ian Khama het ná die moord op 'n plaasvrou gehelp om die twee verdagtes aan te keer.
Erika Gibson - Twee plaaswerkers wat 'n vrou op 'n plaas naby Ghanzi in Botswana ontvoer en verbrand het, is Donderdag in Loba­tse aan die moord skuldig bevind.
Hoofregter Abednego Tafa het in 'n uitspraak van meer as vier uur lank die twee werkers, Tshiamo Kgalalelo (31) en Mmika Mpe (27), ook skuldig bevind aan die ontvoering van Reinette Vorster, diefstal en saakbeskadiging.
Hulle het Vorster (42), wat voorheen in Pretoria gewoon het, in Januarie 2014 naby haar en haar man, Leon, se plaas in die Okwa-vallei, buite Ghanzi in die weste van Botswana, voorgekeer toe sy hul lone wou betaal. Hulle het gesê hulle wil vir haar gaan wys waar hulle gesteelde vee gesien het.
Hulle het haar oorweldig, gewurg en op die agterste sitplek van haar dubbelkajuitbakkie gelaai. Toe het hulle met die bakkie in 'n boom vasgery en dit aan die brand gesteek. Sand en oorblyfsels van 'n mondprop wat van 'n plaaswerker se oorpak gemaak is, is in die mondholte van haar uitgebrande oorskot gevind.
Tafa sê hy glo Vorster was reeds dood toe die bakkie gebrand het, aangesien geen teken van koolstofmonoksied in die lykskouing in haar bloed gevind is nie. Hy aanvaar sy is verwurg.
Die gemeenskap, Botswana se leër en selfs pres. Ian Khama het ná die moord gehelp om die twee werkers aan te keer.
Tafa het uit Mpe se bekentenis aangehaal waarin hy beskryf het hoe hy en Kgalalelo beplan het om die Vorsters se seuns te vermoor toe hulle saam met die kinders drade op 'n afgeleë deel van die plaas gaan span het. Die seuns was onderskeidelik 9, 12 en 15 jaar oud toe hul ma dood is.
Mpe het in sy bekentenis beweer dat Kgalalelo Vorster verkrag het, maar hoewel 'n vlek op Kgalalelo se onderklere Vorster se DNA bevind het, was daar onsekerheid oor of dit bloed of ander liggaamsvloeistof was. Hy het later beweer die polisie het hom gemartel en gedwing om dié bekentenis af te lê, maar Tafa het dit verwerp.
Die verdediging het probeer aanvoer die Vorsters was slegte werkgewers, maar Tafa het Kgalalelo se vriendin se getuienis aanvaar dat hulle hul werkers goed behandel het.
Tafa het bevind die twee het meer as die minimum loon gekry. Die feit dat die Vorsters 200 km van die plaas af gewoon het, beteken dat werkers vry was om weg te loop as hulle ongelukkig was.
Vorster se familie het aan Rapport gesê hulle is verlig dat die saak binnekort uiteindelik afgehandel wees. Betoë word op 22 Junie vanjaar aangehoor, waarná die twee gevonnis sal word.- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!