Boerewors het nie brieke nie

Lloyd Zandberg
Daar is min dinge wat by die reuk van ‘n worsie kom wat oor die kole prut.

As die vet op die kole drup, kan jy maar oor die muur gaan loer – jou bure sit almal met monde wat water. Boerewors is vir die meeste Namibiërs ‘n heerlike bederf. Al eet jy hom met pap, ‘n vars brötchen of sommer so van die rooster af, dit smaak elke keer vorentoe.

Namibiërs maak van die lekkerste wors in die wêreld. En dít sit nie in elke ou se broek nie.

Nou en dan hap mens aan ‘n stuk wors wat jou smaakpapille laat tango, maar dit gebeur min.

Die slaghuis om die draai gooi te veel knoffel in, hierdie ou se derms is van Glad Wrap gemaak en daai ou se wors het kerrie in. Dit neem tyd om wors te kry wat jou beweeg.

Hoe dit ook al sy, as jy iewers ‘n lewensveranderende boerewors teëgekom het, bel daai oom, tannie, nefie, slagter of man wat hom gebou het – Shoprite en Checkers is op soek na Namibië se beste boereworsmaker.

In enige man se taal is iets wat jy verniet kry of wen ‘n bederfie. Hetsy dit ‘n week vir twee in Bitterfontein of ‘n bottel kaalgat is, dit maak nie saak nie. Selfs ‘n naelstelletjie is gaaf, maar hier is ‘n groter stukkie goud op die spel - ‘n spliternuwe 4 x 4 Isuzu-bakkie.

Jy het reg gelees: Al wat jy moet doen, is om jou eie oorspronklike boereworsresep vir die Shoprite Checkers Namibian Champion Boerewors-kompetisie in te skryf. Maklik. Doef. Jy het geen verskoning om dit nie te doen nie.

En moenie slaap nie, die sluitingsdatum is 1 Mei 2019. Daar’s nie tyd vir speletjies nie.

Boerewors is nie net die naam vir ‘n derm wat met vleis en vet gestop is nie.

Daar’s reëls:

Jy kan nie net ’n klomp speserye, vleis en vet in ‘n derm stop, jou oë toeknyp en vir die beste hoop nie.

Elke boerewors het sy eie unieke resep, en dis daai fyn gebalanseerde geurkombinasies wat jou met daardie splinternuwe Isuzu gaan laat wegry.

Dit werk só: Maak seker jy weet watter bestanddele jy mag en nié mag gebruik nie.

Moenie met knoffel, kerrie en kersies peuter nie. Dit is nie wat die beoordeelaars wil hê nie. Sodra jy besluit het op ‘n resep, skryf hom neer.

Onthou, as jy wen, gaan Shoprite en Checkers jou wors oraloor die land versprei en seker maak mense se monde bly tot volgende jaar se kompetisie water. En natuurlik loop jy en jou boerewors met die reputasie van Namibië se beste boerewors en boereworsmaker weg.

Besoek www.namibianchampionboerewors.com vir meer inligting.

Daar is ‘n splinternuwe Isuzu-bakkie wat ‘n baas moet kry.

En die bure se monde gaan water.

Woeker met jul worse!



Hoe werk boerewors?

· Enige wors kort ‘n jas wat netjies pas. Gebruik skaapderms om jou besigheid in te stop. Ander derms breek. En niemand hoef ooit sintetiese derms te eet nie. Dis kommin.

· Sowat 90% van jou wenresep moet uit vleis bestaan, waarvan sowat 70% beesvleis, 20% varkvleis en 10% skaapvleis is. Moenie kroek nie. Die beoordeelaars se tonge is skerp. Hulle vang vir jou sommer nou uit.

· Jou wors moet 90% vleis en 30% vet inhê.

· Sowat 10% van jou wors moet uit vloeistof en speserye bestaan. Verkieslik water. Brandewyn gaan nie werk nie.

· Toelaatbare speserye sluit in koljander, naeltjies, sout, peper, neutmuskaat en komyn.

· Voeg dan koue water, bruinasyn en Worcestershire-sous by.

· Meng alles netjies bymekaar. Die hele goeters. Jy behoort dan met ‘n vulsel te sit wat almal se monde laat water.

· Stop jou derms. Eintlik gebeur dít eers later. Stop maar eers die skaapderm.

· Laat slaap die boerewors in die yskas en kyk wat gebeur. As hy die volgende oggend ’n ander kleur het, probeer weer. Onthou, ‘n worsie moet rooierig wees. Ons eet niks wat grys is nie. Indien die bedryf oornag loop swel het, begin ook maar oor.

· As jy tevrede met jou resep is, steek die vuur aan. Nou gaan jy jou eie derms stop.

· Kry jou wenresep op die kole en nooi almal om te kom proe.

· Laat hulle weer en wéér proe. Opinies is baie belangrik. Veral eerlike opinies. Jou ma s’n tel nie, sy móét mos daarvan hou. Kry mense wat jy nie ken nie om te kom proe.

· As almal met drupbekkies en blink ogies na jou staar, skryf onmiddellik in. Soos in vandag nog.

Dié is taboe

· Onthou, boerewors is nie net sommer wors nie. Dis ‘n tradisie. Ons hou baie van kreatiwiteit, maar nie as ons boerewors bou nie.

· MSG maak dood. Los.

· Vars uie of kruie kom net in ‘n roerbraai. Julle kan dit Woensdagaand eet.

· Wildsvleis is gesond en bevat minder vet. Niemand wat boerewors eet, probeer gewig verloor nie. Voeg die wildsvleis by Woensdagaand se roerbraai.

· Kerrie, kaas, knoffel, tamatie- en rissiesous moenie naby ‘n wors kom nie. Jammer, hoor.

· Jou skaapderm is sterk, maar jy gaan hom nie as ‘n sleeptou kan gebruik nie. Oppas vir te veel vulsel in die derm druk. Hy gaan breek.

· Onthou, enigiets in oormaat is nie reg, gesond of lekker nie. Te veel van ‘n spesifieke spesery of bestanddeel gaan die beoordelaars omkrap. En dit beteken jy sien nooit daai Isuzu-bakkie nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.97 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.55/OZ UP +1.00% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0038 | Zinc US$ 2 439.40/T DOWN -0.7% | Brent Crude Oil US$ 87.21/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 897.74/OZ UP +0.32%