Boere ruk op na hof

Inwoners van die Suide het gister in groot getalle by die landdroshof op Keetmanshoop opgedaag om hul steun teen misdaad te wys.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Nagenoeg 350 boere en ander inwoners van die Suide was gisteroggend teenwoordig toe die drie vermeende moordenaars van mnr. Giel Botma (79) en sy 80-jarige vrou, Sarie, in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn het.

Van vroegoggend af het foto’s van die groot groep mense by die hof op sosiale media-platforms, soos Facebook, verskyn met opskrifte soos: “Staan op teen plaasmoorde!”

Hulle teenwoordigheid daar was in stil protes teen die moontlike toekenning van borgtog aan die mans.

Mnr. Eugene Vermeulen, ’n huisvriend van die Botmas en die eerste mens wat in die vroeë oggendure Saterdag op die moordplaas buite Koës aangekom het, was ook teenwoordig.“Ek gaan konserwatief wees en sê hier was so 350 mense teenwoordig – swart boere, wit boere en baie ander mense. Die hofsaal was stampvol en baie mense het teen die muur (in die hof) gestaan omdat daar nie genoeg sitplek was nie. Die res het buite in die vierkant gewag,” het hy vertel.Vermeulen het gister die onaangename taak gehad om ná die hofverrigtinge sy geliefde vriende se lyke in die polisielykhuis te gaan uitken. “Dit was vir my ’n skok. Ek het nie besef hulle het vir tannie Sarie so seergemaak nie.”

Die beskuldigdes, mnre. Julius Frederick “Lemmie” Arndt (40), Andries Afrikaner (37) en Johannes Christian (36), is onder streng polisiebewaking by die hof aangebring waar die klagte aan hulle gestel is.

Benewens die twee klagte van moord, staan die mans ook tereg op aanklagte van huisbraak met die opset om te roof en roof, asook die diefstal van die egpaar se bakkie en ’n vuurwapen uit hul kluis.

Arndt staar naas hierdie klagte ’n bykomende klag van huisbraak met die opset om te steel en diefstal in die gesig.

Hy het na bewering die Donderdagnag vóór die moorde ook by die Botmas ingebreek en sowat N$500 uit die kantoor op die plaas Lindeshof gesteel. Dié plaas is sowat 10 km buite Koës en grens aan die dorpsgronde.

Republikein het intussen op goeie gesag verneem dat ’n klag van verkragting ná ’n forensiese ondersoek dalk by die res van die klagte gevoeg kan word.

Die mans is nie gevra om te pleit nie.

Die staatsaanklaer, mnr. Marlon Adams, het beswaar gemaak teen die toekenning van borgtog, waarna landdros Melissa Mungunda die saak tot 23 April vanjaar vir verdere ondersoek uitgestel het.

Die uitgebreide soektog Saterdag word as ’n suksesverhaal van goeie samewerking tussen geörganiseerde landbou se strukture soos die boereverenigings en misdaadvoorkomingsforum, en die polisie beskou.

Arndt is omstreeks middagtyd Saterdag sowat 300 km van die moordtoneel op Aranos aangekeer. Hy het na bewering met die Botmas se bakkie en die moordwapen, ’n .22-geweer, daarheen gevlug. Afrikaner en Christian is die aand by Koës in hegtenis geneem.

Vermeulen sê al die mans woon by Koës. Hulle was nie werknemers van die Botmas nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.83 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.67/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 864.60/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 87.44/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 935.42/OZ DOWN -0.0008 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.83 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.67/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 864.60/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 87.44/BBP UP +0.32% | Platinum US$ 935.42/OZ DOWN -0.0008