Boere oor tekort aan fosfaat vir veevoer gewaarsku
Boere oor tekort aan fosfaat vir veevoer gewaarsku

Boere oor tekort aan fosfaat vir veevoer gewaarsku

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die veevoerbedryf in Namibië sit met die hande in die hare.

’n Tekort aan fosforsuur word in die Suid-Afrikaanse mark beleef, wat die beskikbaarheid van fosfaatlekke in Namibië tot in Januarie gaan beïnvloed.

Mnr. Christo du Plessis, bemarkingsbestuurder van Feedmaster, sê dié veevoermaatskappy het fosfaat uit die buiteland bestel, maar die skip lê op die oomblik aan die kus van Noord-Afrika voor anker en sal eers ná Kersfees verder vaar.

Hy sê tot dan is Feedmaster uitgelewer aan die kontakte wat hy met Suid-Afrikaanse vervaardigers gesluit het, maar wat nie op die oomblik fosfaat kan lewer nie.

Volgens Yara Animal Nutrition South Africa is dit te wyte aan die feit dat Foskor sy appèl teen die kunsmisreus, Omnia, in die appèlhof in Suid-Afrika verloor het. Dié hof het bevestig dat Foskor nie vir plaaslike verbruikers ’n hoër prys vir fosforsuur kan vra as wat die internasionale prys is nie.

Dit het meegebring dat Foskor opgehou het om fosforsuur aan talle van sy Suid-Afrikaanse kliënte te lewer.

Du Plessis sê as gevolg van die situasie in Suid-Afrika, sal Feedmaster vir drie tot vier weke nie fosfaatprodukte kan vervaardig nie.

Hy raai veeboere aan om sover moontlik by proteïenlekke te hou voordat hulle die skuif na fosfaatprodukte maak.

“Sodra die skeepsvrag aankom, behoort ons sonder probleme ons fosfaatprodukte te kan lewer,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!