Boere met bosbeheer gehelp
Boere met bosbeheer gehelp

Boere met bosbeheer gehelp

Kommunale boere sal voorts opgelei word in die voorkoming en benutting van indringerbos.
Die De-bushing Advisory Service (Das) sal in die toekoms nou met kommunale boere saamwerk om Namibië se indringerbosprobleem te takel en om bosbiomassa in kommunale gebiede te benut.

Dit volg ná Das ’n samewerkingsooreenkoms met die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU) onderteken het – ’n inisiatief om kommunale boere in staat te stel om indringerbos te benut deur onder meer inligtingsdae en mentorskappe.

Das se algemene bestuurder, mnr. Progress Kashandula, sê hoewel sekere regulatoriese probleme volhoubare bosbeheer en die benutting van biomassa in kommunale gebiede bemoeilik, is samewerking met die NNFU noodsaaklik.

“Die doel is om uit te reik na elke boer wat deur bosindringing geraak word.”

Die ooreenkoms behels dat waardekettings vir indringerbosprodukte soos bosvoer verken moet word.

Opleidingsmateriaal moet ook ontwikkel word en beste praktyke vir die oes van indringerbos moet oorgedra word.

Terselfdertyd sal die twee partye werk aan metodes wat moet verseker wette op bosbenutting word nagekom.

“Namibiese kommunale boere kan baat vind by opleiding en inligting oor die beheer van indringerbos op hul plase en deur van die biomassa gebruik te maak,” het die NNFU se uitvoerende direkteur, mnr. Mushokabanji Mwilima, tydens die geleentheid gesê.

Das is reeds sedert 2016 by die biomassesektor betrokke en fokus daarop om kapasiteit in bosbeheer onder individuele boere, regeringsamptenare en die breër sektor te ontwikkel.

Das se voortgesette projekte sluit opleiding in onder meer bosvoerproduksie in, terwyl die vaardighede van beide graduandi in natuurlike hulpbronnebestuur asook rolspelers in die biomassabedryf opgeskerp word.

Dit vorm deel van Giz (Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit) se projek vir die beheer van indringerbos asook biomassa-benutting.

Dit steun die ministerie van landbou, water en bosbou in die herstel van weiding.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!